Grafiese ontwerper

Die pos is gebaseer in Kloofsig, Centurion.  Om te kwalifiseer benodig jy ʼn toepaslike graad/diploma in multimediakuns en ontwerp of webontwerp; alternatiewelik ʼn toepaslike kwalifikasie en ervaring in ontwerp vir webgebaseerde, digitale, gedrukte en korporatiewe produkte en items, asook die ontwerp van verpakking vir Maroela Media-winkelprodukte. Minstens vier jaar relevante ondervinding word vereis.

Vaardighede wat tot jou voordeel sal strek, is uitstekende kreatiwiteit, met die vermoë om steeds binne die riglyne van ʼn korporatiewe identiteit te funksioneer; die vermoë om goed saam met drukkerye en webontwikkelaars te werk; die vermoë om te prioritiseer; die vermoë om aan ʼn verskeidenheid take gelyk te werk; uitstekende Afrikaanse taalvaardigheid en die vermoë om kreatief met taal om te gaan; ʼn fyn oog vir detail; die vermoë om onder druk te werk; aanpasbaarheid by vinnige verandering; goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede; inisiatief; en die vermoë om selfstandig en as deel van ʼn span te kan werk. Uitstekende rekenaarvaardigheid en kennis van Adobe- en/of Corel-sagteware word vereis.

Indien die profiel jou pas, stuur asseblief ʼn Afrikaanse weergawe van jou CV (geen sertifikate nie) aan Mienke Mostert voor of op Vrydag 26 Februarie 2019.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae