Inhoudsredakteur

Die pos is in Kloofsig, Centurion gebaseer. Om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy ʼn tersiêre kwalifikasie in Joernalistiek, Media, Kommunikasie of ’n soortgelyke kwalifikasie, en minstens 4 jaar ondervinding in die joernalistieke bedryf waarvan minstens  1 jaar ondervinding in ʼn bestuursposisie.  Jy moet ook bewese ervaring in die digitale media hê en uitstekende begrip van en insig in die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse mediawese, ’n aanvoeling vir media-etiek en mediawetgewing, sowel as ʼn baie wye algemene kennis. Jy moet ook ʼn belangstelling in die Afrikaanse kunste-, letterkunde- en vermaakbedryf hê.

Die pligte van die pos behels onder meer:

  • Bestuur van die sagtenuuskantoor en -joernaliste
  • Toeken van sagtenuusstories aan joernaliste
  • Hulp aan joernaliste met die uitvoer van sagtenuusopdragte
  • Nagaan en goedkeur van alle sagtenuusstories wat deur joernaliste geskryf word
  • Gehaltebeheer van alle sagtenuusberigte
  • Gehaltebeheer oor die produksamestelling van sagte nuus op die webwerf en ander platforms
  • Verseker dat die redaksionele beleid deur sagtenuusjoernaliste toegepas word
  • Bystanddiens aan sagtenuusjoernaliste wanneer funksies na-ure bygewoon word
  • Opleiding aan nuwe sagtenuusjoernaliste
  • Insette in redaksionele bestuursbesluite
  • Skryf en publiseer self sagtenuusstories soos nodig, veral moeiliker en meer ondersoekende stories.

Vaardighede wat tot jou voordeel sal strek, is die vermoë om goed onder druk te kan werk en by spertye te kan hou. Die geskikte kandidaat moet ook inisiatief kan neem en onafhanklik kan werk. Deeglike kennis en begrip van ’n digitalemediaomgewing, asook ʼn basiese kontaktenetwerk, sal voordelig wees.

Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om soms oortyd of oor naweke te werk.

Stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 15 Maart 2019 aan Mienke Mostert as jy in hierdie profiel pas.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae