Intermediêre webontwikkelaar

Die pos is geleë in Kloofsig, Centurion. Maroela Media is op soek na ’n webontwikkelaar wat spesialiseer in WordPress en in staat is om hoogs geoptimaliseerde PHP7, HTML, SASS en Javascript te skryf en ook die beste programmeringspraktyke toe te pas.

Ander vaardighede moet ’n begrip van MySQL, aanlyn sekuriteit, webhuisvesting (hosting), weergawebeheer (verkieslik Git) insluit, blootstelling aan die JSON API en Javascript-raamwerke soos React of Angular as ’n aanbeveling. Ondervinding met die advertensiestelsel Google DFP, asook die beheer van grafika in Photoshop sal in jou guns tel.

Jou interpersoonlike vaardighede moet uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans insluit, asook kreatiewe probleemoplossing en ’n bereidwilligheid om te leer.

Indien jy dié profiel pas, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) na René Harmse.

Sou jy nie binne drie weke terugvoer kry nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae