Joernalis agter tralies oor Bolhuis-video’s

Die private speurder Mike Bolhuis. (Foto: Facebook)

Die joernalis Izak du Plessis is agter tralies nadat hy geweier het om twee “lasterlike” video’s oor die private ondersoeker Mike Bolhuis van sy aanlyn platforms te verwyder.

Bolhuis het vroeër reeds ʼn lasbrief vir Du Plessis se inhegtenisneming bekom weens sy weiering om dit te doen. Die lasbrief is Donderdag deur lede van onder andere die Valke en die polisie se opsporingseenheid uitgevoer en Du Plessis is by ʼn inkopiesentrum in Mbombela, waar hy woon, in hegtenis geneem.

Die twis tussen Bolhuis en Du Plessis spruit uit die plasing van twee spesifieke video’s en plasings op Du Plessis se nuuswebwerf, Nuuspod, sowel as op sy YouTube-kanaal wat volgens Bolhuis lasterlik is en op naamskending neerkom. In die video’s word aangevoer dat Bolhuis betaling van kliënte ontvang het, maar nie ʼn behoorlike diens aan hulle gelewer nie.

Bolhuis se regsverteenwoordiger het Du Plessis vantevore skriftelik gemaan om die video’s te verwyder, maar hy het geweier. Die bekende private ondersoeker het hom daarna tot die hof gewend en ʼn bevel bekom om Du Plessis te dwing om die video’s te verwyder. Hy het dit nie gedoen nie. Die lasbrief vir sy inhegtenisneming het gevolg.

Twee van die sogenaamde klaers in die video’s het Du Plessis glo self ook gevra om die video’s van die platforms te verwyder en hy het ook dié versoeke glo geweier.

Hoewel bewerings in die video’s oor Bolhuis se dienste gemaak word, is daar glo nog met geen konkrete bewyse na vore gekom nie. In die video’s is daar onder andere beweer daar sou ʼn groepsgeding teen Bolhuis aanhangig gemaak word. Dit is nooit deurgevoer nie en geen verdere regstappe is gedoen nie.

Geen sake teen Bolhuis is glo daaroor aanhangig gemaak nie en daar is na bewering ook geen dagvaarding daaroor teen hom uitgereik nie.

Bolhuis voer aan die inligting in die video’s is vals en ongegrond.

Die joernalis Izak du Plessis. (Foto: Facebook)

Du Plessis het glo gesê dat hy nie die video’s gaan verwyder nie omdat dit oneties [vir hom as joernalis] sou wees om dit te doen.

In ʼn stemboodskap wat hy aan iemand gestuur het, kan egter gehoor word hoe Du Plessis sê dat hy die video’s sál verwyder, en dadelik ook, mits Bolhuis ʼn ander persoon in ʼn onverwante saak vra om bepaalde inligting oor ʼn derde party van ʼn platform te verwyder.

Dié party is glo ʼn vriendin van Du Plessis, maar het niks met die inhoud van die video’s waaroor die lasbrief bekom is, te doen nie. “Om die waarheid te sê, ek sal dit heeltemal delete dat dit non-existent is,” lui Du Plessis se boodskap.

Du Plessis se weiering om aan die hofbevel gehoor te gee, het hom nou in die selle laat beland.

Henk Frey, Du Plessis se regsverteenwoordiger, het bevestig dat sy kliënt Donderdag omstreeks 11:30 in Mbombela in hegtenis geneem is. Du Plessis was in aanhouding en is Vrydagoggend in die Nelspruit-streekhof op borgtog van R2 000 vrygelaat.
Volgens Frey is die saak na die Brixton-polisiestasie oorgeplaas en hy moet Woensdag weer in die hof in Johannesburg verskyn.
Frey sê Du Plessis is positief onder die omstandighede.

Die video’s is intussen glo steeds nie verwyder nie en indien Du Plessis verder versuim om aan die hofbevel te voldoen, sal verdere regstappe volg, sê Bolhuis.

Rakende die bewerings dat hy nie ʼn behoorlike diens gelewer het nie, sê Bolhuis daar is in alle gevalle bepaalde stappe wat gedoen kan word. “As iemand ʼn klagte het, teenoor enigiemand wat ʼn diens lewer, moet die korrekte protokol gevolg word. Stuur ʼn aanmaningsbrief. Kommunikeer. Bemiddel. Gaan deur ʼn siviele of strafregproses, maar moenie enigiets doen sonder al die feite nie.”

Hy sê die sake kan nie op sosialemediaplatforms opgelos word nie en waarsku dat gerugte wat op hierdie manier versprei word, mense se lewens kan verwoes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Perdeby ·

Nou ja toe gedink hy kan speletjies speel met Bolhuis. Was dit nou alles die moeite werd?

Jillian ·

Mike Bolhuis is op die ball die week! Orals op die nuus! Dankie Mike vir julle harde werk met al julle sake!

Louise ·

Nee wat ek is nou amper te bang om kommentaar te lewer, net nou klop hy aan my voordeur…

VaalDonkie ·

Ne? Die ou hanteer meer sake as die hele Brixton Moord en Roof saam!

Keelvol ·

Vaaldonkie…. Ou mike het nog niks suksesvol afgehandel nie. Hy’s n groot grap

Republikein in die Wes Kaap ·

VaalDonkie, hy hanteer sake nog voor dit gebeur.

VaalDonkie ·

Sies. Weet iemand waar ek die aaklige video’s kan sien?

miche ·

Toe Izak een van sy vele aanlyn Nuuspods gedoen het ( met onder andere
Ian Cameron) en dit nogal heeltyd met ‘n reuse glas rooiwyn in sy hand wat hy kort-kort afsluk, het ek Al begin dink… Hier kom ‘n ding!

Axel ·

Mike Bolhuis is in my oë ‘n HELD!!!! Izak mag hy jou bates vat as skade vergoeding. Gee vir Mike ‘n dubbele Emmy toekenning vir dit wat hy en sy span doen! Ek salueer jou Mike!!!!!

marius ·

Die Valke moet ‘n lasbrief vir minagting uitvoer . Is die gewone polisie te sleg ?

Sobymykoolkop ·

Met hierdie is die sapd uitstekend. Seker so 10 tot 12 swaargewapendes met 10 tot 12 voertuie om ń ongewapende man in hegtenis te gaan neem .

Hannelie ·

Lekker sit my ou…..jy moenie met Mike Bolhuis speel nie, jy speel met vuur.

Snuffelgids ·

Sjoe Izak, bly jy in n inkopiesentrum? Dis lekker lol

Groen-oog ·

Mnr Bolhuis is in my oë n goeie speuder. En al is jy syyyy kliënt ondersoek hy die voorval en praat die WAAHEID. Kyk na die klsuterskool voorval. Die ma hst uitgevaar in Huisgenoot en sy se syt nis die ingesamelde geld vir eie gebruik gevat nie toe stel sy vir mnr Bolhuis aan. En toe…. whalla sys skuldig aan wanbestee van die ingesamelde geld.

Oosieoos ·

Omtrent tyd dat Isak pak kry hy het gedink hy kan net sê wat hy wil en daarmee wegkom kamstig vryheid van spraak. Feite man feite of hou jou smoel

Judy ·

Ek stem, ou Isak maak te veel sy mond oop oor goed wat hy niks van weet nie. Dit gebeur as jy Bolhuis verkeerd opvryf.

Republikein in die Wes Kaap ·

Gevaarlike man die Bolle. Ek wonder of sy kaste skoon is.

Snuffelgids ·

Hy stop baie vinnig enige gekrappery…laat mens wonder

Christine ·

Ek kan nie verstaan dat mens reviews kan los op enige platvorm oor diense van winkels, hotelle, gastehuise, ens, maar mense mag niks sê van Bolhuis se diens nie. Dis mos verregaande! Hoe kry hulle dit reg om die Valke te betrek vir so ‘n simpel saak, maar moordenaars, Zuma en sy trawante kan vir jare nie in die tronk vir miljarde se korrupsie vasgetrek word nie. Dit gaan oor wie ken vir wie. Afrikaners is net so korrup.

Hannes ·

Ek stem 100% met jou saam, Hoe kry hy diens by die Valke en SAPS vir sy EIE agenda?
Of die bewerings teen hom nou vals is of waar is. WAT MAAK HOM so special, en verhewe bo die res van SA se mense?
En dan het mens die klomp tweegat jakkalse wat hier kommentaar lewer asof Bolhuis the second coming of Our Lord and Savior is..
Die alleheilige wat deur almal gevrees moet word ????????????..
Die waarheid sal eventually uitkom, en ek wonder… Will the Worshipping here then turn into CONDEMNATION?.

Nettie ·

Beste kommentaar onder die lot. Word ‘n mens deesdae van naamskending aangekla as jy oor ‘n diens kla? En deur die Valke nogals gearresteer?

Keelvol ·

Waar daar n rookie trek, is daar n vuurtje. Die waarheid maak ook seer.

Keelvol ·

Kan die aantyging goed glo…. Nie die 1ste keer wat ek dit hoor nie.

Jack ·

N slim man het gese ( nie ek nie) Dat jy nie n tier as jou gelyke kan sien nie. Al wat hy wil doen is om jou te eet. So as jy dom is moet jy maar voel.

Oros Soros ·

Rerig nodig vir die overkill? Die Valke en Crime Intelligence? Laat mens dink aan die polisie met Paul Murphy. Ander vraag, wie het Bell-Pottinger se werk oorgeneem as beeldpoetsers? Ewe skielik ‘n klomp heuningkwaste wat ingespan word.

Elizabeth ·

Ek verbeel my ek het die probleem van lank terug van Mike Bolhuis in ñ tydskrif gelees waar verskeie mense gekla het. Is dit ñ geliegery? Wat besiel die mens?????

René van Hermanus ·

Ek ondersteun Izak al die pad! Hy is en bly ‘n uitstekende joernalis. Go Izak go!!!

Windhond ·

As jy saam met die groot honde wil loop , moet jy jou been ordentlik kan lig

Nettie ·

Die Valke?? Vir minagting van ‘n hofbevel oor sogenaamde naamskending?
Laat ek ook maar stilbly. Netnou klop iemand aan my deur ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.