Leefstyljoernalis

Het jy ‘n passie vir vir Afrikaans, leefstyl en die vermaakbedryf, skakelwerk en sosiale en digitale media? Maroela het ‘n vakante pos vir ‘n multimediajoernalis!

Die pos is in Kloofsig, Centurion gebaseer. Om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy ʼn B-graad of soortgelyke NQF-kwalifikasie in joernalistiek, media of kommunikasie; minstens drie jaar se ondervinding in die joernalistieke bedryf; en ʼn liefde vir Afrikaans, leefstyl en die vermaakbedryf, skakelwerk en sosiale en digitale media. ʼn Geldige bestuurslisensie en eie vervoer is noodsaaklik vir hierdie pos.

Ervaring in verskillende aspekte van joernalistiek, byvoorbeeld om sagte nuus te skryf, onderhoude te voer en profiele saam te stel sal noodsaaklik wees, asook ʼn uitstekende taal- en skryfvermoë.

Ondervinding in die vervaardiging en redigering van video- en klankmateriaal en die vermoë om Maroela Media ekstern te posisioneer, sal ʼn sterk aanbeveling wees.

Die pligte van die pos behels onder meer:

  • Die identifisering van nuuswaardige gebeure en nuusstories in die leefstyl- en vermaakbedryf vir Maroela Media;
  • Die versameling van inligting en kommentaar vir die skryf van berigte;
  • Die bywoning van geleenthede om verslaggewing daaroor te doen;
  • Onderhoudvoering vir die skryf van berigte en profiele;
  • Monitering van die media, sosiale media, nuusagentskappe, ander nuuswebwerwe en ander bronne vir nuus;
  • Om ʼn netwerk van kontakte en bronne vir berigte op te bou; en
  • Om geleenthede, mediakonferensies, funksies en so meer buite kantoorure by te woon.

Vaardighede wat tot jou voordeel sal strek, is die vermoë om goed onder druk te kan werk en by spertye te kan hou. Die geskikte kandidaat moet ook in staat wees om inisiatief te kan neem en onafhanklik te kan werk. Deeglike kennis en begrip van die digitalemediaomgewing is belangrik.

Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om soms oortyd, oor naweke en op vakansiedae te werk.

Stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 30 September 2021 aan Mienke Mostert as jy in hierdie profiel pas.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.