Multimediajoernalis

Die pos is gebaseer in Kloofsig, Centurion. Om daarvoor te kwalifiseer, benodig jy: ’n B-graad of soortgelyke NQF-kwalifikasie in joernalistiek; minstens twee jaar toepaslike ondervinding in die joernalistieke veld; asook ’n liefde vir nuus, skakelwerk en sosiale en nuwe media.

Ondervinding in die vervaardiging en redigering van video- en klankmateriaal en die vermoë om Maroela Media ekstern te posisioneer, is noodsaaklik.

Prioritisering en interpersoonlike vaardighede, verbale en geskrewe kommunikasie, bemarking, die vervaardiging van video- en klankproduksies, die benutting en bestuur van sosiale media en die bou van verhoudings met rolspelers in die Afrikaanse vermaak- en filmbedryf vorm deel van jou take.

Eie vervoer is ’n vereiste en die suksesvolle kandidaat moet bereid en beskikbaar wees om met tye funksies en mediageleenthede na-ure by te woon. ’n Gevestigde netwerk in die vermaakbedryf sal in jou guns tel.

Indien die profiel jou pas, stuur asseblief ’n Afrikaanse weergawe van jou CV (geen sertifikate nie) per e-pos aan René Harmse.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae