Redaksionele assistent

Die pos is in Kloofsig, Centurion gebaseer en om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy: ’n B-graad of soortgelyke NQF-kwalifikasie in joernalistiek, media of kommunikasie, en ’n liefde vir Afrikaans, nuus, skakelwerk, sosiale en nuwe media. ’n Geldige bestuurslisensie en eie vervoer is noodsaaklik vir hierdie pos.

Die pligte van die pos behels onder meer om –

  • kommentaar te modereer op Maroela Media se webwerf en Maroela Media se Facebookblad;
  • alle navrae, nuuswenke en klagtes op kommentaar te hanteer;
  • algemene ondersteuning aan die nuusspan te bied;
  • die geleentheid te kry om self van tyd tot tyd nuusstories te skryf en joernalistieke ervaring op te doen.

Vaardighede wat tot jou voordeel sal strek, is die vermoë om goed onder druk te kan werk en by spertye te kan hou; goeie organisasievaardighede; goeie mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede; ʼn oog vir detail en uitstekende taalvermoë. Die geskikte kandidaat moet inisiatief kan neem en onafhanklik kan werk. ʼn Deeglike kennis en begrip van die sosialemediaomgewing sal voordelig wees.

Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om soms oortyd of oor naweke te werk.

Stuur asseblief jou CV (geeen sertifikate nie) voor of op 31 Maart 2021 aan Mienke Mostert as jy in hierdie profiel pas.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.