Senior joernalis

Die pos is in Kloofsig, Centurion gebaseer. Om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy ’n B-graad of soortgelyke NQF-kwalifikasie in joernalistiek, media of kommunikasie; minstens vyf jaar se ondervinding in die joernalistieke bedryf; en ’n liefde vir Afrikaans, nuus, skakelwerk en sosiale en nuwe media. ’n Geldige bestuurslisensie en eie vervoer is noodsaaklik vir hierdie pos.

Ervaring in verskillende aspekte van joernalistiek, byvoorbeeld die hantering van harde nuus, hofverslaggewing, skryf van sagte nuus, die doen van onderhoude, die hantering van ondersoekende of indiepte-artikels en die skryf van profiele sal ʼn aanbeveling wees. Die pligte van die pos behels onder meer:

  • Die identifiseer van nuuswaardige gebeure en nuusstories vir Maroela Media;
  • Die insamel van inligting en kommentaar vir die skryf van berigte;
  • Die bywoon van hofsake en ander geleenthede om verslaggewing daaroor te doen;
  • Die voer van onderhoude vir die skryf van berigte en profiele;
  • Die moniteer van die media, sosiale media, nuusagentskappe, ander nuuswebwerwe en ander bronne vir nuus;
  • Die opbou van ʼn netwerk van kontakte en bronne vir nuusstories;
  • Die bywoon van geleenthede vir netwerkdoeleindes en skryf van nuus;
  • Die bywoon van geleenthede, mediakonferensies, funksies en so meer buite kantoorure;
  • Die hantering van na-uurse nuusskofte;
  • Hulp aan die afdelingsredakteur in die uitvoering van sy/haar pligte, asook met opleiding en leiding met junior joernaliste.

Vaardighede wat tot jou voordeel sal strek, is die vermoë om goed onder druk te kan werk en by spertye te kan hou. Die geskikte kandidaat moet ook inisiatief kan neem en onafhanklik kan werk. Deeglike kennis en begrip van ’n digitalemediaomgewing is belangrik.

Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om soms oortyd, oor naweke en op vakansiedae te werk.

Stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 26 Julie 2019 aan Mienke Mostert as jy in hierdie profiel pas.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae