Vakante pos: Joernalis

Ons is op soek na ʼn dinamiese en passievolle joernalis om by ons Maroela-span aan te sluit.

As jy ʼn liefde vir die geskrewe woord het, ʼn skerp nuussin en die vermoë om ‘n boeiende storie te vertel, dan is hierdie geleentheid vir jou. Ons verwelkom kreatiwiteit, deurslaggewende navorsing en ʼn diepgewortelde belangstelling in aktuele sake. Kom help ons om impak te maak deur die krag van die media. Gryp hierdie kans aan om ‘n rol te speel in die vormgewing van hoe ons gemeenskap inligting ontvang en beleef.

Die pos is in Pretoria gebaseer en om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy: ’n B-graad of soortgelyke NQF-kwalifikasie in joernalistiek, media of kommunikasie; minstens drie jaar se ondervinding in die joernalistieke veld; en ’n liefde vir Afrikaans, nuus, skakelwerk, sosiale en nuwe media. ’n Geldige bestuurslisensie en eie vervoer is noodsaaklik vir hierdie pos.

Ervaring in verskillende aspekte van joernalistiek byvoorbeeld: harde nuus, hofverslaggewing, sagter of tydskrifnuus en dies meer, sal ’n aanbeveling wees, asook goeie skryf- en onderhoudvoeringsvaardighede.

Die pligte van die pos behels onder meer om:

  • nuuswaardige gebeure en nuusstories vir Maroela Media te identifiseer;
  • die nodige inligting en kommentaar vir die skryf van berigte in te samel;
  • hofsake en ander geleenthede by te woon om verslaggewing daaroor te doen;
  • onderhoude vir die skryf van berigte en profiele te voer;
  • media, nuusagentskappe, webtuistes en ander bronne vir nuus te moniteer;
  • ’n verhouding met ’n netwerk van kontakte en bronne vir nuusstories te onderhou;
  • met tye geleenthede vir netwerkdoeleindes by te woon;
  • soms geleenthede, mediakonferensies, funksies, en so meer buite kantoorure by te woon; en
  • na-uurse nuusskofte te werk.

Vaardighede wat tot jou voordeel sal strek, is die vermoë om goed onder druk te kan werk en by spertye te kan hou. Die geskikte kandidaat moet ook inisiatief kan neem en onafhanklik kan werk. Deeglike kennis en begrip van ’n digitalemediaomgewing sal voordelig wees, asook ’n basiese kontaktenetwerk.

Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om soms oortyd of oor naweke te werk.

Stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 10 September 2023 aan Hester de Klerk by [email protected] as jy in hierdie profiel pas.

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.