Aansoekvorms vir Clover Aardklop Nasionale Kunstefees vir 2014 beskikbaar

aardklopAansoeke vir 2014 se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom sluit Maandag 10 Februarie 2014. Dit geld produksies sowel as visuele kuns-aansoeke.

Daar word onderskeid getref tussen aansoeke vir opdragproduksies, loketproduksies en gesubsidieerde produksies. Met opdragproduksies word ’n vaste fooi betaal, ’n persentasieverdeling is van toepassing op loketproduksies en gesubsidieerde produksies word hoofsaaklik ondersteun ten opsigte van spesifieke verblyf.

Die omvang van die pryse wat by die fees toegeken word vir nuwe produksies is ’n aansporing vir kunstenaars om hul werk by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te laat debuteer.

Die aansoekvorms (in Afrikaans en Engels) is nou hier beskikbaar. Die fees word van 7 tot 11 Oktober aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.