Antiekmark by Voortrekkermonument

Die Voortrekkermonument bied hierdie jaar op Menseregtedag, Woensdag, 21 Maart van 09:00 tot 15:00 op die dak van die groot Amfiteater, weer hul gewilde antiek- en versamelaarsmark aan.

Verskeie nuwe uitstallers stal vir die eerste keer by die mark uit. Die antiekmark bied ‘n wye verskeidenheid versamelaars- en antieke items te koop aan, insluitend munte, medaljes, porselein, edelgesteentes, juweliersware, kunswerke, boeke, ou plate en poppe, ou speelgoed, radio’s, kameras, en wetenskapinstrumente. Daar is verversings en ‘n restaurant beskikbaar by die antiekmark, asook ‘n paar heerlike deli-kosse. Veilige parkering is beskikbaar teen R20 toegang per voertuig. Die terrein is veilig en kinders kan hardloop en speel, of aan ‘n begeleide perderit deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.