ATKV kondig benoemdes vir Mediaveertjies aan

atkv_mediaveertjies_2016_aansoeke

Foto: ATKV.co.za

Die ATKV het pas die lys van benoemdes vir vanjaar se Mediaveertjies bekendgemaak. Met dié pryse erken die ATKV die belangrike rol van die Afrikaanse media in die samelewing en vereer dié liggaam mense in die media wat verlede jaar uitgeblink het.

Die wenners word op 13 Mei by Vodacom World in Midrand aangekondig.

Die benoemdes ding mee in drie kategorieë: vir radiowerk (Luister), vir gedrukte media (Lees) en vir televisie en digitale media (Kyk).

Luister

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ʼn joernaalprogram

  • Martelize Brink – Oggend op RSG: dr. Dan Sleigh – RSG
  • Ettienne Ludick en Sue Pyler – Middag op RSG: Tannie Evita word 80 – RSG
  • Su-an Marais – Su-an en so aan: Verskeidenheid – GROOTfm 90.5

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

  • Krisjan Fourie en Suna Venter – Monitor: Sweepslag – RSG
  • Anna-Marie Jansen van Vuuren – Naweek-aktueel: Skepper van verskeie Afrikaanse kinderliedjies, Betty Misheiker, oorlede – RSG
  • Johan van Lill – RSG Kuns: Die braille-musiekproefleser – RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ʼn nuus- of aktualiteitsprogram

  • Lynette Francis – Praat Saam: Vakbonde – RSG
  • Suzanne Paxton – Spektrum: Randall Wicomb se laaste woorde – RSG
  • Ivor Price en Anita Visser – Monitor: Versoeningsdag met eerw. Frank Chikane en Adriaan Vlok – RSG

Beste insetsel in ʼn nuus- of aktualiteitsprogram

  • Izak du Plessis – Monitor: Gekaapte geboue – RSG
  • Izak du Plessis – Monitor: Namakwaland – RSG
  • Anita Visser – Monitor: Hirosjima: 70 jaar later – RSG

Beste joernaalprogram

  • Martelize Brink – Oggend op RSG – RSG
  • Ilse Salzwedel – Die woordketting – RSG
  • Veronique van Heyningen – Middag op RSG – RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Lynette Francis – Praat Saam: Omar al-Basjir – RSG
  • Suzanne Paxton en Melissa Tighy – Spektrum: President Jacob Zuma se staatsrede – RSG
  • Ivor Price en Anita Visser – Monitor: Kairos – 30 jaar later – RSG

Beste dokumentêre program of programreeks

  • André Liebenberg – TT Cloete: Woordsmid – Pretoria FM
  • Johan Rademan – Klara Majola – RSG
  • Johan van Lill – Christopher Kindo: Voete soos vlerke – RSG

Beste insetsel in ʼn opvoedkundige program

  • Marianne Breytenbach – Alternatiewe kommunikasie – Pretoria FM
  • Johan van Lill – Ons en die onderwys: Beginneronderwysers – RSG
  • Johan van Lill – Ons en die onderwys: Robotte in die klaskamer – RSG

Beste teks vir ʼn radiodrama of -teater

  • Martyn le Roux – Bloedlyn – RSG
  • Ingrid Penzhorn – Ontnugter – RSG
  • Perdita van Dijk du Bois – Wat sal die mense sê – RSG

Beste regisseur van ʼn radiodrama of -teater

  • Renske Jacobs – Bloedlyn – RSG
  • Bettie Kemp – Sonate – RSG
  • Johan Rademan – Van die vlees – RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie

  • Su-an Marais – Su-an en so aan – GROOTfm 90.5
  • Anton Treurnich – Vuurvas – Tygerberg 104FM
  • Johrné van Huysteen – Die groot ontbyt – GROOTfm 90.5

Lees

Beste in-diepte artikel

  • Maygene de Wee – “Reeks van opvolgartikels: George ‘Geweld’ Thomas” – Die Burger
  • Murray la Vita – “Pyn, potta-potta en protes” – Die Burger
  • Gerrit Rautenbach – “Die eerste standbeeld het al lank terug geval” – Die Burger

Beste ondersoekende joernalistiek

  • Pieter-Louis Myburgh – “R600 miljoen-optelfout – Ingevoerde lokomotiewe te hoog vir SA spoorlyne” – Rapport
  • Marelize Potgieter – “ʼn Ander vrou het Zephany vir my gegee” – Huisgenoot
  • Susan Purén – “Weggesluit vir 40 jaar oor verbode liefde” – Huisgenoot

Beste persoonlikheidsprofiel

  • Vicus Bürger – “Bokspring van student tot Groen-en-Goud-held” – Volksblad
  • Anika Marais – “Die leier van die Bybelstudie-bendes” – By:  Die Burger
  • Hanlie Retief – “SaamgeZOID” – Rapport

Beste kunste-artikel

  • Marida Fitzpatrick – “Wit en gatvol ja, maar nie ’n rassis, sê Willem Boshoff” – Beeld
  • Herman Lategan – “Jani Confidential: Briljante joernaal van ontheemding” – Beeld,  Die Burger & Volksblad Boeke
  • Danie Marais – “Saam met Coenraad de Buys terug na die geroofde land” – By: Die Burger

Beste leefstyl-storie

  • Danie Marais – “Hoe groot is ‘mooi’?” – By: Die Burger
  • Pieter Steyn – “Die kat kom weer” – Huisgenoot
  • Sandra Troskie – “ʼn Toer met skoppensboer” – Vrouekeur

Beste essay, rubriek of opiniestuk

  • Maygene de Wee – “Die ouma wat geweet het van respek kweek” – Die Burger
  • Marida Fitzpatrick – “‘Ja, ek is bevoorreg omdat ek wit is’” – Netwerk24
  • Herman Lategan – “Kerkklokke of klinkende metaal?” – Rapport

Beste sportartikel

  • Eduan Roos – “Melbourne verander in Moembai ná sege” – Beeld
  • Egmont Sippel – “Stuur groete aan Johan Walters – Rapport
  • Sophia van Taak – “Vanaand gaan die poppe dans!” – Weg

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant

  • Bloemnuus – Redakteur: Ruan Bruwer
  • Die Pos – Redakteur: Keina Swart
  • Vrystaat – Redakteur: Susan Maré

Kyk

Verhalende genres

Beste draaiboek vir ʼn dramareeks of enkeldrama

  • Beer Adriaanse – Buurtwag
  • Paul C. Venter – Terug na Egipte
  • Paul C. Venter – Vlug na Egipte

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Beer Adriaanse – Buurtwag
  • Human Stark – Terug na Egipte
  • Human Stark – Vlug na Egipte

Beste dramareeks of enkeldrama

  • Johan Cronje – Buurtwag
  • Human Stark – Terug na Egipte
  • Human Stark – Vlug na Egipte

Beste akteur in ʼn dramareeks of enkeldrama

  • Eric Nobbs – Vlug na Egipte
  • Frank Opperman – Terug na Egipte
  • Frank Opperman – Vlug na Egipte

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Marion Holm – Terug na Egipte
  • Marion Holm – Vlug na Egipte
  • Rolanda Marais – Terug na Egipte

Aktuele genres

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ʼn joernaalprogram

  • Coenie de Villiers – ʼn Ander wêreld met Coenie – kykNET
  • Sandra Prinsloo – Sandra op ʼn drafstap – kykNET

Hannes van Wyk – Kwêla – kykNET

Beste insetsel in ʼn joernaalprogram

  • Hanné Koster – Kwêla: Nuwe boek oor Ingrid Jonker – kykNET
  • Jaco Smit – Kwêla: 25 jaar na FW de Klerk – kykNET
  • Jaco Smit – Kwêla: Jans Rautenbach – kykNET

Beste joernaalprogram

  • André Calitz en Ronel Moodie – Reis na gister – kykNET
  • Susan Scott – 50/50: Kruger se wildehonde – SABC3
  • Paul Venter – Kwêla – kykNET

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ʼn nuus- of aktualiteitsprogram

  • Lynette Francis – Fokus: Helen Zille – SABC 3
  • Freek Robinson – Robinson – kykNET
  • Elma Smit – Topstories: Oscar Pistorius appèlverhoor – Netwerk24

Beste insetsel in ʼn aktualiteitsprogram

  • Renée de Villiers – kykNET Verslag: Roodepoortskool – kykNET
  • Karin d’Orville – Fokus: Lig vir Luke – SABC 3
  • Maryna Lamprecht en Jurg Slabbert – Topstories: FIFA-korrupsieskandaal – Netwerk24

Beste nuusinsetsel

  • Adriaan Basson en Pieter du Toit – Sittende Zuma en EFF-lede – Netwerk24
  • Maryna Lamprecht en Jurg Slabbert – Topstories: FIFA-korrupsieskandaal – Netwerk24
  • Le Roux Schoeman – Topstories: Busongeluk – Netwerk24

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Loftus Marais – Insig – kykNET
  • Wim Steyn – kykNET Verslag – kykNET
  • Alet van Rensburg Wright – Fokus: Voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal by Universiteite – SABC 3

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Marike Bekker – Sing Kaaps – kykNET
  • Linda de Jager en Coenie de Villiers – ʼn Ander wêreld met Coenie – kykNET
  • Wynand Dreyer en Christelle Parrott – Formidabele vroue: Petronella van Heerden – kykNET

Beste insetsel in ʼn opvoedkundige program

  • Bonné de Bod en Susan Scott – 50/50: Padreëls – SABC 3
  • Phillip Lennon – 50/50: Bio Blitz – Omgewingsgesondheid – SABC 3

Beste vermaakprogram

  • Ben Heyns – Jou show – kykNET
  • Alizia Linden – Maak my nuut – VIA
  • Paul Venter – Koekedoor – kykNET

Beste aanbieder van ʼn vermaakprogram

  • Emo Adams – Jou show – kykNET
  • Brandon October – Jam – kykNET
  • Johrné van Huysteen – Die groot ontbyt – kykNET

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter Cloete ·

Dit is rerig hartseer dat ATKV nie meer doen vir gemeenskapsradiostasies nie. Die omproepers wat ure spandeer op lug (en af) om vir programme voorteberei SONDER ENIGE BETALING. Baie van die omroepers het ‘n tweede of derde werk om hierdie passie van radio uitteleef.

En, baie van die omproepers het rerig alreeds agterstand teen stasies soos RSG juis omdat hulle omproepers VOLTYDS betrokke is by radio en nie hoef te bekommer om brood en botter op die tafel te bring nie.

DAAR KORT RERIG “N MEDIUM OM VIR DIE MANNE EN DAMES VAN GEMEENSKAPSSTASIES DIE ERKENING TE GEE WAT HULLE TOEKOM, TENSPYTE VAN HULLE BERPERKTE TYD EN HULPBRONNER.

Ja, ek is so bietjie teleurgesteld om eerlik te wees. Dit was die tweede jaar wat ek inskryf en organisasie soos ATKV sal nie verstaan die opofferings wat ek al gemaak het vir die passie van Radio nie.

ATKV, partykeer word net ‘n klein bietjie erkening waardeer.

Francie ·

Ek sien nie Jak de Priester se naam by beste onderhoude in die reeks “Reis na gister” nie, –
ook aan Karen Zoid se program word erkenning gegee nie? Albei reekse is uitstekend, en gee mens dikwels ‘n ander insig oor iemand se persoonlikheid.
Karen Zoid se program met advokaat Tuli, die Openbare Beskermer, insiggewend, vermaaklik en puik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.