Bekende Karoo kunstenaar sterf

Jan Schoeman, of Outa Lappies soos hy beter bekend was, is op 6 Julie oorlede nadat hy brandwonde opgedoen het. Schoeman (87) se bekende laslappiesjas het aan die brand geraak terwyl hy vuurgemaak het. Volgens berigte het Schoeman 80% brandwonde oor sy lyf opgedoen. Hy het vuurgemaak om water te kook toe die voorval plaasgevind het. Schoeman was een van die bekendste kunstenaars en persoonlikhede van die Klein-Karoo. Dit was veral besoekers aan Prins Albert wat dalk al vir die man in lappies klere raakgesien het. Hy het ʼn karretjie met ʼn rits klein karretjies agter hom aangetrek. Die Prins Albert kultuurstigting beplan om ʼn museum op te rig by die spoorweghuisie op Prins Albertweg-stasie waar sy werke uitgestal sal word. Schoeman word oorleef deur sy drie kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.