2017: Die ooievaar was bedrywig onder bekendes

Die ooievaar was vanjaar behoorlik doenig onder die bekendes. Minstens 35 bekendes het deur die loop van 2017 nuwe pienkvoete in hul huise verwelkom terwyl talle ander bekendes in die nuwe jaar trotse ouers sal word.

Rolene Strauss en haar gesin. Foto: Facebook

Rolene Strauss, voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld 2014, en haar man, D’Niel Strauss, se eersteling – ʼn babaseuntjie – is in Januarie vanjaar gebore. Lees meer.

Die sangpaar Lemé en Julius Walt het ook in Januarie vanjaar vir die eerste keer ouers van ʼn skattige babadogtertjie geword. Hul dogtertjie, Delaney, is op 14 Januarie gebore. Lees meer.

Die sangeres Andriëtte en haar man, Glynn Moolman, se babaseuntjie, Graham Harold Moolman, is in Februarie vanjaar gebore. Lees meer.

Die sanger Pieter Smith en sy vrou, Yolandi, het vroeg in Januarie vir die eerste keer ouers van ʼn gesonde babadogtertjie geword. Lees meer.

Die gewilde akteur en televisie-aanbieder Tim Theron het ook in Januarie weer pa geword – dié keer van ʼn babaseuntjie. Lees meer.

Bok en Hanna se seuntjie. Foto: Instagram

Dit het eers in Januarie vanjaar bekend geword dat die gewilde glanspaartjie Bok van Blerk en Hanna Grobler vir die eerste keer ouers geword het hoewel hul seuntjie in Desember 2016 gebore is. Lees meer.

Die sanger Steve Hofmeyr en sy vrou, Janine, se Romy-Lee is in Junie vanjaar gebore. Lees meer.

Die Boer soek ʼn vrou-egpaar Gerrie en Carna het op 15 September die ouers van ʼn skattige dogtertjie geword. Lees meer.

Die Afrikaanse sangeres Riana Nel en haar man, Cornel de Beer, het vir ʼn tweede keer ouers geword. Lees meer.

Minki van der Westhuizen, model en aanbieder van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou, het bekend gemaak dat sy swanger is met haar derde kind. Lees meer.

Joe, Karlien en baba Elah. Foto: Twitter

Nadat Karlien van Jaarsveld en haar man, die oudrugbyspeler Joe Breytenbach, se dogtertjie op 7 Oktober vroeggebore is, kon dié egpaar klein Elah einde Oktober vanjaar ná 19 dae in die hospitaal uiteindelik huis toe neem. Lees meer.

Faf du Plessis (33), die Protea-kaptein, en sy vrou, Imari, het in Junie vanjaar hul eersteling verwelkom. Lees meer.

Die bekroonde Suid-Afrikaanse aktrise Jana Strydom en haar man, Hannes Kruger, het ook einde September hul derde pienkvoet in die wêreld verwelkom. Lees meer.

Die Suid-Afrikaanse supermodel Candice Swanepoel het op sosiale media aangekondig dat sy swanger is met haar tweede kind. Lees meer.

Die 7de Laan-akteur Theodore Jantjies en sy vriendin, Tammy van der Merwe, verwag hul eersteling. Lees meer.

Franco en Juan-Ri saam met Joia-Belle (Foto: Instagram)

Die Leeus- en Springbok-slot Franco Mostert en sy vrou, Juan-Ri, het in Maart vanjaar vir die eerste keer ouers geword. Lees meer.

Die Afrikaanse sanger en radio-omroeper MD Greyling en sy vrou, Denise, het ook in Maart ʼn tweede seuntjie ryker geword. Lees meer.

Die Suid-Afrikaanse aktrise Angelique Gerber het vroeër vanjaar aangekondig dat sy en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, tweelingdogtertjies verwag. Lees meer.

Die Springbok Siya Kolisi (26) en sy vrou, Rachel (27), het einde November weer ouers geword. Lees meer.

Die Afrikaanse sangeres Charlize Berg en haar man, Warren Linden, verwag ʼn dogtertjie. Lees meer.

Die rugbyspeler Bryan Habana en sy vrou, Janine, gaan vir ʼn tweede keer ouers word. Lees meer.

Die Sharks-rugbyspeler Kobus van Wyk en sy vrou, Juné, gaan vir die eerste keer ouers word. Lees meer.

Corli Botha (Foto: Facebook via Corli Botha Koekdoor 2-wenner)

Die kranige entrepreneurbakster Corli Botha wat verlede jaar as die wenner van die gewilde Koekedoor-reeks aangewys is, het in September vanjaar goeie nuus gedeel: sy en haar man, die oudrugbyspeler Gary Botha, het weer ouers geword. Lees meer.

Claudia Henkel, die skoonheid wat in 2004 die Mej. SA-kroon gedra het, is swanger met ʼn tweeling. Lees meer.

Die Springbokkaptein, Warren Whiteley, en sy vrou, Felicity, het in Junie vanjaar ʼn babaseuntjie ryker geword. Lees meer.

Die glanspaartjie Vicky Davis en Schalk Joubert het in Augustus vanjaar hul tweede pienkvoet in die lewe verwelkom by die Netcare Christaan Barnard-hospitaal in Kaapstad. Lees meer.

Die Afrikaanse sanger Dewald Wasserfall en sy vrou, Anél, het in Augustus vanjaar vir die eerste keer ouers geword. Lees meer.

Spies by klein Avah. Foto: Twitter

Die bekende Bulls- en Springbokrugbyspeler Pierre Spies en sy vrou, Juanné, het weer ouers geword. Lees meer.

Die Suid-Afrikaanse krieketheld en Protea-kaptein AB de Villiers en sy vrou, Danielle, het vir die tweede keer ’n baba ryker geword. Lees meer.

Die Suid-Afrikaanse sanger Danny K en sy vrou, Lisa Koppel, het in April vir die tweede keer ouers geword. Lees meer.

Die Afrikaanse aktrise Lika Berning en haar man, Clyde, het in Maart vir die derde keer ouers geword. Lees meer.

Die sanger en komediant Emo Adams en sy vrou, Michelle Gildenhuys, het in Maart ʼn tweede bulletjie in die gesin verwelkom. Lees meer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chilli ·

Meeste van die pienkvoet ouers se pappa’s is sport sterre… kan voorwaar glo dat rugby of krieket tussen die lakens n voordeel in hou vir voorplanting?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.