2017: Verlief en verloof, dié bekendes het getrou

Talle plaaslike bekendes het vanjaar verloof geraak of voor die kansel gestaan.

Elke geleentheid was ʼn hoogtepunt: van trouklokkies wat gelui het tien jaar ná Barry Lubbe die sangeres Lianie May die jawoord gevra het tot boer Hennie Lötter en sy Jacobu se sprokiestroue op Willowmore en Karlien van Jaarsveld en Joe Breytenbach se troue vroeg in die jaar.

Dié bekendes is verloof:

Ivan Botha en Donnalee Roberts. Foto: Maroela Media/ Kobus Bezuidenhout

Die gewilde Afrikaanse akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts is verloof. Ivan het glo vir Donnalee die jawoord gevra tydens ʼn vakansie in Nederland. Lees meer.

Nadat die Pretoriase skoonheid Janie Erasmus verlede jaar tydens ʼn spoggeleentheid in die Tsjeggiese Republiek as Mej. Doof Wêreld aangewys is, het dié skoonheid vroeg in Desember nóg goeie nuus met aanhangers gedeel. Janie en haar kêrel van nege maande, Erwin Farago, het verloof geraak. Lees meer.

Die Afrikaanse sanger Jannie Moolman het in November vanjaar aan sy jare lange vriendin, Melissa-Jo Sharpe, verloof geraak. Die paartjie is in dié stadium baie geheimsinnig oor hul troue. Lees meer.

Tiaan Langenegger en Nadia Barnard (Foto: Instagram)

Tiaan Langenegger, aanbieder van kykNET se gewilde Koekedoor-werklikheidsreeks, en sy vriendin, Nadia, is verloof. Lees meer.

Die oud-Springbokspeler en televisie-aanbieder Toks van der Linde en sy vriendin, Carol Avenant, is verloof. Die paartjie het by die Protea Hotel in Knysna verloof geraak. Lees meer.

Die Afrikaanse sanger Manie Jackson en sy vriendin, die sangeres Angel, is verloof. Lees meer.

Die Suid-Afrikaanse akteur David Vlok van Getroud met rugby-faam het onlangs verloof geraak aan Joanika Haasbroek. Dié twee is sedert 2011 in ʼn verhouding. Lees meer.

Hulle het getrou:

Die foto wat Karlien van Jaarsveld op sosiale media gedeel het. Foto: Via Instagram

Karlien van Jaarsveld en die voormalige rugbyspeler Joe Breytenbach is in Maart vanjaar stilletjies getroud. Lees meer.

Die huweliksklokkies het op 25 November vir die komediant en televisiepersoonlikheid Rikus de Beer, beter bekend as Radio Raps, gelui. Lees meer.

Die Afrikaanse sangeres Lianie May het onlangs ná ʼn tien jaar lange verlowing aan Barry Lubbe uiteindelik die paadjie na die kansel gestap. Lees meer.

Die aktrise Amalia Uys en Shaun Golding is vroeg in Desember by die Pat Busch Mountain Reserve buite Robertson in die Wes-Kaap getroud. Lees meer.

Boer Hennie Lötter van die negende reeks van Boer soek ʼn vrou en sy Jacobu is in Oktober vanjaar op Willowmore getroud. Lees meer.

Wayde en Chesney op hul troudag (Foto: Stephanie de Jager)

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese kampioen Wayde van Niekerk en sy vriendin, Chesney Campbell, is getroud. Lees meer.

Die televisie-aanbieder en aktrise Therese Benade en Chris Bam, ʼn bekende Kaapse argitek, het getrou. Lees meer.

Die Suid-Afrikaanse krieketheld Mark Boucher (40), ʼn voormalige paaltjiewagter vir die Proteas, en sy meisie, Carmen Lotter, het in Julie vanjaar getrou. Lees meer.

Die gewilde Afrikaanse akteur Neels van Jaarsveld (38) en sy meisie, Jeanne Flynn (28), het in Junie vanjaar getrou. Lees meer.

Hy mag dalk nie liefde gevind het in die eerste seisoen van kykNET se gewilde Boer soek ʼn vrou-werklikheidsreeks nie, maar boer Tiaan van Cradock het byna tien jaar later sy trouvrou op Queenstown in die Oos-Kaap ontmoet. Lees meer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.