5 Minute met Amalia Uys

Amalia Uys en Burger Meyer

Wat is jou gunsteling fliek?
Moulin Rouge is definitief een van my gunstelinge. Black Swan het ook vir my uitgestaan.

Wat is die eerste ding wat jy doen in die oggende as jy jou oë oopmaak?
Ek gaan kam my wenkbroue, hulle moet altyd netjies wees.

Wat is jou gunsteling Afrikaanse woord?
Blaasoppie.

Wie of wat is jou gunsteling Afrikaanse boek of skrywer?
Ek is mal oor André P Brink. Ek hou van hoe sy kop werk: die vermening van die realisme met die droomwêreld. Een van die boeke wat vir my uitgestaan het van hom was Sandkastele. Ek is mal oor Breyten Breytenbach, maar hy is nou meer ʼn digter.

Wie of wat is jou gunsteling Afrikaanse musikant of liedjie?
Ek gaan partydig wees as ek sê Stefan Ludik [lag] en al sy nuwe liedjies wat hy geskryf het. Wel, hy doen baie oulike werk, ek moet sê. Ek hou baie van Jan Blom en Laurika Rauch. Ek raak nie baie starstruck nie, maar toe ek haar in lewende lywe ontmoet toe is ek soos “Wow, jy het nie ʼn idee hoeveel jou musiek vir my kinderjare beteken het nie”. As jy ʼn liedjie van haar hoor dan is dit hierdie vloed van emosies en assosiasies wat deur jou brein gaan.  Dit is prysloos en alles deel van ʼn mens se agtergrond.

Het jy ʼn stokperdjie waarvan niemand weet nie?
Ek hou daarvan om nuwe gesigte te trek vir myself in die spieël [lag], en ek praat baie met myself in snaakse stemme. Ek sing ook verskriklik hard en lelik in my kar… ek kan nie sing nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.