5 Minute met Bobby van Jaarsveld

Bobby van Jaarsveld

Hy sing, speel toneel en het vanjaar vier Ghoema-toekennings huis toe gevat. Boonop is hy ook ʼn pa van twee en sy jongste album het slegs twee weke geneem om platinumstatus te bereik.  Ons het bietjie met Bobby van Jaarsveld gesels oor sy Afrikaanse gunstelinge.

Wat is jou gunsteling Afrikaanse woord?
Lekker is nogal ʼn baie lekker Afrikaanse woord.

Wie of wat is jou gunsteling Afrikaanse boek of skrywer?
Deon Meyer se boeke is vir my baie goed. Steve Hofmeyr is ʼn briljante skrywer.  Ek dink sy boeke is baie keer moeilik, maar dit is net só goed dat jy dit nie kan neersit nie.

Wie of wat is jou gunsteling Afrikaanse skrywer of liedjie?
Ek is mal oor Joe Niemand se Ek sal nie bang wees nie.

Wat is die eerste ding wat jy doen in die oggende as jy jou oë oopmaak?
Ek ruil ʼn doek, gee bottel of troos.

Het jy ʼn stokperdjie waarvan niemand weet nie?
Ek is mal oor duik, so as ek kan gaan diepsee-duik dan doen ek dit. Andersins moet ek liedjies skryf en babas oppas.  Op hierdie stadium is dit my stokperdjie: kinders grootmaak.

Luister gerus na die volledige onderhoud met Bobby in Allegaartjie 65.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.