5 Minute met Juanita du Plessis

Juanita du Plessis se album ‘Jy voltooi my’.

Dit is nagenoeg 13 jaar nadat haar liedjie Ska-Rumba een van die grootste Afrikaanse treffers geword het en by vanjaar se Ghoema’s het sy met ʼn paar toekennings weggestap. Meer onlangs was sy ook in die VSA om te verfilm aan ʼn nuwe reeks, Country Hart. Ons het met Juanita du Plessis gesels oor ʼn paar van haar Afrikaanse gunstelinge.

Wat is die eerste ding wat jy doen as jy in die oggende jou oë oopmaak?
Ek sê vir die Here dankie vir nog ʼn dag. Ek sê vir Hom dankie dat ek kan asemhaal en kan opstaan en dat Hy my moet lei deur die dag.

Wat is jou gunsteling Afrikaanse woord?
Mengelmoeskardoes

Wie of wat is jou gunsteling Afrikaanse boek of skrywer?
Ek sou sê Izak Burger. Ek is mal oor sy boeke en dit is baie inspirerend vir my. Ek dink hy is ʼn wonderlike skrywer.

Wie of wat is jou gunsteling Afrikaanse musikant of liedjie?
Ek het baie gunsteling liedjies en Afrikaanse sangers.

Is daar een musikant wat vir jou uitstaan?
Riana Nel, Monique de Wit, Karlien van Jaarsveld, ag nee wat, daar is baie. Almal wat op die horison is staan uit, ek kan rêrig nie een uitsonder nie.

Het jy ʼn stokperdjie waarvan niemand weet nie?
Ek ry perd.  Ek het ʼn klomp perde op die plaas wat ek koester en bederf.

Luister gerus na die volledige onderhoud met Juanita in Allegaartjie 69

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.