5 Minute met Sandra Prinsloo en Alexa Strachan

Alexa Strachan en Sandra Prinsloo

Alexa Strachan en Sandra Prinsloo het ‘n draai in Draadloos se ateljee kom maak om te gesels oor Oskar en die Pienk Tannie, kunstefeeste en Kytie – ‘n Koos Kombuis-storie. Ons het hulle ook uitgevra oor ʼn paar gunstelinge en wou weet of hulle rooibostee bo rooiwyn verkies.

Wat is jou gunsteling Afrikaanse woord?
Alexa: Nostalgie
Sandra: Koekmakranka

Wie of wat is jou gunsteling Afrikaanse boek of skrywer?
A: P.G. du Plessis
S: Spring jy my nou voor! Ek dink Fees van die Ongenooides was die beste boek in Afrikaans wat ek al gelees het.

Wie of wat is jou gunsteling Afrikaanse liedjie of kunstenaar?
S: Herman van der Berg
A: Ja, Herman van der Berg en Gert Vlok Nel.

Wat is die eerste ding wat jy doen as jy in die oggende opstaan?
A: Strompel koffiemasjien toe.
S: Borsel my tande.

Wat is jou gunsteling fliek?
S: ‘Underground’. Dit is ʼn Joego-Slawiese fliek en my beste van alle tye.
A: Enige iets deur die Coen-broers

Bobotie of Soesji?
S: Soesji!
A: Ja nee dit is maklik, Soesji.

Rooiwyn of Rooibos?
S: Rooiwyn!
A: Dieselfde vir my!

Riaan Cruywagen of Riaan van Heerden?
A: Riaan van Heerden… jammer Riaan Cruywagen.
S: Ag dit is moeilik. Die een is so ikoon en die een is net so vars en wonderlik. Nee, ek kan nie kies nie!

Wat was vir jou ʼn loopbaanhoogtepunt?
Alexa en Sandra (Skreeu gelyktydig uit): Oskar [en die Pienk Tannie]!

Watter oomblik het jou al laat krimp van vernedering?
A: Ek was in standerd vier in ‘Sound of Music’ gewees, wat Peet van Rensburg nog gedoen het.  Ek het die hele vertoning blykbaar met ʼn rok gespeel wat se ritssluiter oop was en ek het blou onderklere aangehad. Dit was darem in standerd vier.
S: Ek kan glad nie sing nie. Ons het Ampie [die Natuurkind] as ʼn musiekblyspel gedoen. Ek en Marius Weyers het die hoofrolle gesing en hy is nog valser as ek. Ek wil nooit weer daardeur gaan nie.

Wat laat jou lag en wat laat jou huil?
A: Oskar (en die Pienk Tannie).
S: [Lag en knik instemmend] Ons verwysingsraamwerk word klein as ons so saam werk.

Luister gerus na die volledige onderhoud in Allegaartjie 95

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.