‘7de Laan’-akteur word eerste keer pa

Theodore en Tammy (Foto: Instagram)

Die 7de Laan-akteur Theodore Jantjies en sy vriendin, Tammy van der Merwe, het vir die eerste keer ouers geword.

Jantjies het dié nuus Vrydag op sosiale media gedeel.

“Welkom in die wêreld, ons klein seuntjie,” het hy op Instagram laat hoor.

Die paartjie het in Desember verlede jaar, toe Tammy reeds 35 weke swanger was, vir die eerste keer amptelik bekend gemaak dat hulle hul eersteling verwag.

Hulle het nie onmiddellik meer inligting oor hul pasgebore kleinding bekend gemaak nie.

Theodore en Tammy is volgens ʼn inskrywing op sosiale media al vir 13 jaar lank in ʼn verhouding. Tammy het vroeër op Instagram gesê elke oomblik saam met Theodore is ʼn “avontuur”.

“Toe ek jou die eerste keer gesien het, het ek geweet ʼn avontuur wag op ons – en wat ʼn ongelooflike avontuur was die laaste jaar nie. Ek is so dankbaar vir ons ongelooflike familie en vriende wat dié pad saam met ons gestap het en vir al die liefde en ondersteuning wat ons ontvang het. Ons harte loop oor van blydskap.”

Jantjies is veral bekend om sy rol as Xander Meintjies in 7de Laan – ʼn rol wat hy al sedert 2008 vertolk. Hy is vroeër verlede jaar vir ʼn Huisgenoot Tempo-toekenning vir dié rol benoem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elvira ·

So lank saam. Nou vir wat trou jy nie en gee vir haar stabiliteit en sekuriteit nie. Wat van haar en jou kind as jy iets oorkom???

Omdat... ·

….Vanessa hom al sy hel gee op 7de Laan.
Hy is bang vir NOG n vrou…. haha
#StemSaamJou

Robert ·

Elvira, as jy weet dit is die maat vir jou hoef jy nie te trou nie. Die persone moet verantwoording doen voor God. As hulle trou is aan mekaar en die belofte volhou dan hoef hulle nie te trou nie.

Marais ·

Niks fout met nie troue nie, sommige mense verkies dit so! Ek en my “vrou” is al 19jaar saam, en nie ek of sy wil enigens trou nie. Trou gee jou ook NIKS sekuriteit of watokal nie, al te veel paartjies gesien wat daai “sekuriteit” vat en dan skei, en dan bly daar NIKS oor van hul menswees nie.

Ena ·

Hoekom trou…ek was 40 jr getroud…en op die ou end met minder uitgestap as wat ek ingegaan het mee. Wat verander n papierjie aan n paartjie. Is dit nie respek..vertroue en liefde wat die sukses bepaal nie.
Trou is nie altyd vir almal nie…net solank hulle gelukkig en lief is vir mekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.