Aanhangers gons oor Jo Black se baard

Hierdie foto is op Jacaranda FM se Facebook gedeel.

Die Afrikaanse sanger Jo Black se yslike baard is byna meer bekend as sy diep stem en Afrikaanse trefferliedjies en dit is juis hierdie baard wat aanhangers Vrydag aan die gons gehad het.

Jo was Vrydagoggend ʼn gas op Martin Bester en Tumi Morake se oggendprogram op Jacaranda FM. Martin en Jo het deelgeneem aan die sogenaamde “The Big Beard Challenge”, waar hulle luisteraars gevra het om in te bel om te besluit wie se baard moet waai.

In ʼn video van die program wat deur die radiostasie op Facebook gedeel is, kan gehoor word hoe Martin sê: “Hulle gaan nie vir jou stem nie, jy kan relax.” Jo antwoord egter: “Hulle gaan vir my stem! My hande is nat [gesweet]”.

Die eerste vyf luisteraars wie se stemboodskappe deurgegaan het, se stemme het getel. Sommer die eerste drie boodskappe het vir Jo gestem en die skeermasjientjie is dadelik nadergetrek. Jo sit gereed, die skeermasjien kom nader… en dan eindig die video.

Nie lank daarna nie is ʼn foto op Facebook gelaai van ʼn baardlose Jo Black.

In ʼn volgende video wat op die blad gepubliseer is, sing Jo een van sy treffers in die ateljee – met sy baard nog stewig op sy gesig. Dit het aanhangers laat gons of sy kenmerkende baard regtig vanoggend gewaai het. Sommige aanhangers meen die foto sonder sy baard is ʼn ou foto, terwyl ander sy nuwe voorkoms verwelkom het en gesê het hulle verkies ʼn baardlose Jo.

JONGSTE: Maroela het intussen met Jo se agent gesels. Lees die berig hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Magriet ·

Dat mens nou so mooi man agter so lelike baard kon wegsteek.

Linette ·

Kyk, ek is nie ‘n baard-bek-vrou nie (ek hou van my mans soos ek van my koffie en wasgoed hou: wit, soet, sag en skoon). Maar Jo was vir my ongelooflik aantreklik mét daai baard (nie dat hy sleg lyk sónder die baard nie, maar ….. wel, Jo Black gaan net beter saam met Die Baard).

Alet Kotze ·

Baie aantreklikke jong man. Jyt glad nie nodig om agter jou baard weg te kruip nie.

Anlie ·

Soos ek sê. Jo se MOOI van binne die hart sit in sy oë die VENSTERS van sy Siel met of sonder baard!

Francie ·

Dis nou ‘n baie goeie voorbeeld daarvan dat mans sonder baarde stukke beter lyk.

Antibaard ·

Elkeen na sy smaak …. maar ek kan verstaan dat Jo se vrou die baard verkies anders sal sy hom heeltemal moet weghou by baie lawwe meisietjies daar buite

cato ·

Ek verkies ook n skoon gesig maar daardie baard was eie aan jou, dit pas jou! My Pa se baard is langer as joune gewees en hy dra dit al jare so, dit sal nie my pa wees sonder n baard nie. Baard of te nie jou musiek is fantasties!

Nelia ·

Nee wat, sy “image” is nou daarmee heen en hy het dit heeltemal vir my verloor…. hy lyk nou soos die deursnee 9 tot 5 outjie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.