Aanhangers krap kop oor Corlea se foto

Corlea Botha. (Foto: Francois Olivier Photography via Facebook/Corlea Botha)

Corlea Botha. (Foto: Francois Olivier Photography via Facebook/Corlea Botha)

Die gewilde Afrikaanse sangeres, Corlea Botha, het aanhangers aan die gons nadat sy Maandag ʼn skokplasing op haar sosiale media gemaak het waar dit blyk dat sy met die vuis geslaan is.

Daar is ook duidelik sigbare kneusplekke aan haar nek en skouer.

“Hy het belowe hy sal nie weer nie …” het die “Breek my hart”-sangeres by die plasing geskryf. “Miskien moes ek net stilgebly het …” lui die inskrywing verder.

Johan C. Venter, woordvoerder van Coleske Artists, het aan Maroela Media bevestig dat daar meer in die storie steek as wat Botha op sosiale media verklap het.

“Dit was ʼn onstuimige tyd vir haar, maar volgens haar gaan dit nou beter,” het Venter gesê. Oor die kommentaar op beide Facebook en Instagram dat die blouoog soos grimering lyk, kon Venter nie uitwei nie.

“Al wat ek weet, is dat sy tans omring word deur familie en vriende wat haar ondersteun.”

Die foto wat Corlea Botha Maandag op sosiale media geplaas het. Dit blyk dat sy aangerand is en daar is ook duidelik sigbare kneusplekke aan haar nek en skouer. (Foto: Facebook via Corlea Botha)

Die foto wat Corlea Botha Maandag op sosiale media geplaas het. Dit blyk dat sy aangerand is en daar is ook duidelik sigbare kneusplekke aan haar nek en skouer. (Foto: Facebook via Corlea Botha)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

106 Kommentare

Anonymous ·

Lyk soos make-up, niks is opgeswel nie. Haar eie grimering is ook steeds perfek.
Sekerlik bemarking ondersteuning vir aanranding.

Pikkie ·

En sou haar oog se are nie ook dan gebars wees nie? Lyk vir my ook fake…

Skerpioen ·

Ongelukkig ws ek ook al een keer deur kêrel met die vuis geslaan. My skukkende lip was v dae geswel gewees. Ja nee ek i regtig jammer maar ek oet saam stem… ek sien geen swelling… en as jy so lelik gekneus is sal daar swelling wees.

Louise ·

Beslis makeup. Met daardie blou oog sou sy nie deur hom kon kyk soos hy geswel sou wees van aanranding. Die lip make up verklap dit verder

SUSAN ·

Wie was hulle vuil wasgoed so in die publiek? Elke persoon maak sy bed op en slaap daarop, of is dit nou weer ‘n sensasie rubriek?

Sue Kruger ·

Ek sê ook nounet ek weet nie hoekom hardloop die akteurs en aktrises sangers en sangeresse so met hulle privaat lewe HUISGENOOT OF SOCIAL MEDIA toe nie. Hou julle dinge privaat. Want mense bly mense party het sulke snedige aanmerkings en ander verstaan.

Amy ·

Dis ‘n ou laai van ons SA celebs om hulle vuil wasgoed in die openbaar media te was…

Dis die fout ·

Slagoffers van geweld moet JUIS dit bekendmaak!
Vertel vir almal. Sê die persoon se naam en sommer waar hy werk ook, dat almal weet. Hoekom moet sie slagoffer in stilte ly?
Bring die vark in die lig EN DAN vat jy die pad. As jy bly is jy dom.

Jakoba ·

Skande dat vrouens n ander vrou so sit en afbreek. Dit is goed dat sy dit aan die grootklok hang. Dit is nie n skande nie. Die wêreld moet bewus gamaak word oor die mishandling van vroue.

Speedguard ·

There is no business like show business- Daar is nie ‘n ding soos slegte publisiteit nie !! Sterkte met wat ookal jou doel is met die plasing !!

Colleen ·

As jou oog so pers en blou is sal jou ooglid sekerlik geswel en jou oog ook meer toegeswel wees. Lyk vir my ook na grimering.

Lisa ·

Dis make up. As sy so geslaan was, sou haar oog bloed belope gewees het.

Joleen ·

Dis een of ander publicity stund. Mens kan sien dis makeup. Ek gee nie om vir watter veldtog dit is nie, mens gebruik nie mishandeling deur geheimsinnige posts op sosiale media te plaas nie. As jy ‘n veldtog wil ondersteun, maak dit bekend saam met die fofo. Ek beskou hierdie as “fake news”. Heeltemal te veel daarvan in omloop, wat mense onnodig op hol jaag

Antoinette de Greeff ·

Wanneer hul verkope afgaan dan trek hul n publisiteitsfoefie uit die hoed.

Christian ·

As dit rondom haar oog so lyk sou die wit van haar oogbal ook rooi gewees het van beskadigde bloedvate.

Deloris ·

Dalk n nuwe lied of video maaaaaaar daar is baie vroue slaners daar buite….
Colea as hy sy hande gelig het…. klim uit en maak n saak, staan jou vrou wees….

Andre ·

Geen swelling ? , daai ogie sou bodtoe gewees het en die lip soos n golfbal gelyk het . Seker maar een of ander bemarking foeffie…………

Papa G ·

Nee, suster, daai oog sou bottoe wees en die lippe soos trekkerbande geswel gewees het. Mens kannie iemand so pot sonder om die neus te mis nie. My mening: grimering en in swak smaak

Nel ·

Sy wil ook seker soos Chris chameleon maak ….. Net die publiek n bietjie toets. Ek stem haar oog moes bloedbelope gewees het. Siestog

Hanlie Schutte ·

Dalk was dit vir bewusmaking van geweld teen vrouens en kinders.

DS ·

Corlea ek bid dat jy nie in ‘n geweldadige verhouding is/was nie want GEEN vrou verdien dit nie. As jy dit doen vir bewusmaking “good for you” dat jy as bekende opstaan vir mishandeling teen vroue maar verbreek die stilte en se dan so om al die giftonge stil te maak. En as jy wel aangerand was op enige stadium laat sluit die vark toe.

Alice ·

Daai pers verf op haar lip gee dit weg…..grimering. Ek was in n motorongeluk…waar is die swelling. Geen veldtog verdien sulke swak smaak nie. Dit verneder vrouens wat werklik geslaan word. Plaas dat sy sing maar nou sit sy te veel grimering aan om aandag te trek

Hanna ·

Ai julle is nou baie lelik. En wat as sy aangerand is, sal julle nog sê sy soek aandag. Kom ons hou ons afbrekende kommentaar vir onsself

nee man ·

ag nee man. Weet jy hoe dit werklik voel om in so verhouding te wees? pop, ons is almal daardeur. bitter min va ons klap dit uit sommer net so. As jy wil praat kry n sielkundige, as jy aandag nodig het, bel jou ma, maar asb daar is mense wat regtig daagliks hierdeur gaan.

Eunice ·

?LEKKER sleutelbord-oorlog alweer met menings+verskille+gissings ini huismoles onder MM se slim leserkorps..!!!!?
DIS TOG TE OULIK vir my ??

Nettie ·

@Eunice, dis wat die lewe interessant maak ……………… Mense se reaksies en mense se menings.

Bietjie baie ·

Om julle kommentaar te lees, maak my so SIEK. Julle het geen CLUE waardeur mishandelde vroue gaan nie. Die eerste reaksie van ander is om dit af te maak as n leuen. Vra my ek weet. Dis hoekom vroue vir jare stilbly, hulle kinders saam met hulle laat swaar kry en die lafaards lyk soos die dominee, die onderwyser, die Huisdokter, die Chirurg ens. Ek is baie baie bly Corlea ontmasker die man.. Dink voordat julle dit afmaak as niks.

Wielspore ·

Corlea – 0
Rugbypaal – 1
Fiets – Te koop
Sy dra beslis grimering soos die meerderheid kommentaar is……

Sirkus ·

…… en mishandelde mans. Moet liewer nie veralgemeen nie. Hulle is nie op die algemene platform nie en word dus misgekyk met bewusmakings

Nel ·

Dis Internasionale Vrouemaand, so sy doen dit seker as reklame.

Annatjie ·

Is jy al geslaan? Hoe lank dit vir swelling om te verdwyn? En hoe lank vir die pers om te verdwyn

@Annatjie ·

so +- 2 tot 3 weke was ek blou / pers. Han van person tot person af.

Foxi ·

????Dis n foefie…….wag vir die verrassing! Ek sê niks vêrder.

Chris du preez ·

Netso. Sekerlik iets vir geweld teen vroue. Dis jammer hier is van ons mense wat haar nou so sleg sê.

Oujongvrou ·

Nee wat Corlea, ek dink dis alles fake. En nie in goeie smaak om dit te doen nie. As jy al ooit so hard geslaan was sou jy in die hospitaal gele het, en jy sou heel moontlik n storie uitgedink het, soos dat jy in n deur vasgeloop het. Vrouens wat mishandel word bly vir jare stil daaroor. Want hulle kry skaam, om so uitgestal te word.

Adam ·

Ongeag die ware feite is daar net een woord vir die messte van die bogaande kommentaar: VIESLIK!!!!!

Jozi ·

Duidelik nie met die vuis geslaan nie.
Wat op aarde besiel mense om sulke twak kwyt te raak en dit nogal op sosiale media te plaas?
Vergelyk dit met foto’s van die menige mense wat plaasaanvalle en aanrandings oorleef het.
Uiterste swak poging. Ek kan nie glo dat sommige mense so blatant kan lieg nie.

Martin ·

Corlea, jy het die mooiste stem. As iemand jou so geslaan het, is hy lafaard verby. Manne slaan nie aan vroue nie. Al dryf hulle jou teen die mure uit, trek haar liewer oor jou skoot en klop daardie boudjies warm! Punt. As dit net reklame foefie is, glo nie jy het dit nodig nie!

Susan ·

Nee! Geen man sal my ‘n pak slae gee nie, nie op die gesig nie en ook nie op die boude nie. Ek sal vir seker ‘n klag van aanranding by die polisie gaan maak. Ek kan my eie besluite maak en GEEN man het die reg om my pak te gee oor my besluite nie. As jy nie met my saamstem nie, praat op ‘n volwasse manier met my daaroor, maar as jy jou hande teen my lig, dan kan jy maar met die polisie verder daaroor praat. ?

Hannelie ·

Stem saam haar vals oogwimper is dan nog aan…en oog sou rooi are ingehad het!!!

Desire ·

Kan maroela media nie asb imoges of gesiggies bysit of ‘n duimop as mens saamstem of nie dan hoef mens nie so baie inskrywings te maak nie. Sal so gaaf wees.

Hannelie ·

Ek stem saam dis make up haar vals oog haar is dqn ook nog 100% op die regte plek…en oog sou rooi aartjies in gehad het!!!

humor ·

Dit is net n papsak wat aan n meisie of sy vrou slaan. Waarom het sy hom nie gefloor nie.
Dis GRIMERING

Elsa ·

CORLEA, As jy besig is met n veldtog, sterkte daarmee. Hoop jy bereik jou doel.

INDIEN jy met n vroue slaaner deurmekaar is, onthou net hy sal nooit verander. Maak n saak teen hom sodat die ouens in die tronk met hom afreken.

Elsa ·

Corlea , As jy besig is met n veldtog, sterkte daarmee. Hoop jy bereik jou doel.

Indien jy met n vroue slaaner deurmekaar is, onthou net hy sal nooit verander. Maak n saak teen hom sodat die ouens in die tronk met hom afreken.

Max ·

Is dit dalk ň chameleon wat sy op ons speel? Lyk fake. Eks nog steeds mal oor haar stem.

Vonkprop ·

Ek wens die mense wil ophou met hierdie simpel goed om aandag te trek. Hoe moet die mense voel wat werklik deur so iets gaan of gegaan het. As dit nie deel is van ‘n alreeds bekende veldtog nie moenie so iets aanvang en dan kriptiese leidrade los nie. Dit is pateties. Hierdie tipe ding is nie vir sensasie bedoel nie. Dit is iets baie sensitief vir ‘n vrou en moet reg hanteer word. As dit wel gebeur het is ek regtig jammer, maar as dit nie gebeur het nie dink ek val dit in baie swak smaak.

Hoor ·

n Vriendin van my was verbaal aangerand vir jare. Sy het altyd stil gebly want sy het gesê as daar n blou kol was sou sy dit vir almal kon wys en sê kyk wat doen hy aan my maar omdat dit net verbaal is kan net ek dit sien en voel. As dit vir n veldtog is en of dit regtig gebeur hetGood for you Corlea dat jy op staan. Daar sal altyd ongewenste kommentaar wees van mense. (Moet ook net noem dat mans ook geboelie kan word deur hul vrouens)

Logika ·

Corlea

Jy moet, indien jy nie reeds het nie, na ‘n kliniek of hospitaal gaan om deur ‘n dokter ondersoek te word. Hulle behoort dan ‘n J-88 vorm in te vul. Vat daai J-88 dan saam met jou en gaan maak ‘n saak van ”aanranding met die doel om ernstig te beseer” oop by ‘n polisiestasie.

Kry ook sommer vir jou vinnig ‘n prokureur om ‘n interdik te bekom teen die aangeklaagde.

Vergeet van anonieme mense op die internet se opinies – neem jy net stappe om jouself te beskerm, so gou as moontlik, en die waarheid sal wel uitkom mettertyd.

GRIET ·

Daarsy,WÝS vir Jannie nou MOOOÍ hóé SÝ ou ogie gaan LÝK, as hý DURF RAAK,aan dié Sannie!!!!!!!

Theresa ·

As dit nou fake is om mense se reaksie uit te lok – dink ek dis laag. Kry ‘n stokperdjie as julle aandag soek.

Pieter ·

En ek’t idee dis ‘n selfie, die ma het dit nie geneem nie.

Melanie ·

Ek dink dis n bewusmakings veldtog teen geweld van vroue en kinders na die Kwaito sangeres Babes aangerand is deur haar kerel

San-van-annerdag ·

Corlia, jou post bring baie seer terug. Ek is ernstig aangerand deur iemand wat ek vertrou het. En ek het nie so gelyk daarna. Jou oogbal makeer niks en is inteendeel spierwit normaal. Myne het gebars van die impak. My gesig was onherkenbaar geswel…. Sou dit veel meer waardeer het as jy op n ander manier probeer uitreik het na vroue wat mishandel word….. soms net maak mens soveel meer blywende impak as jy by die waarheid bly. Reik na ons uit met jou besonderse stem en met al die liefde wat jy in jou hart kan vind vir ons. Jou sukses gaan afhang van wat jy self daardeur wil bereik……

Landi ·

Genade. Hier is darem baie suurpruime en goorgatte. Seker lekker om altyd so mislik te wees…

Boskind ·

Kom ek stel dit so. Indien dit ‘n bewusmakingsveldtog is het sy 100% daarin geslaag. Kyk dan hoe gons die sosiale media en Maroela Media.
Behalwe vir fisiese aanranding is daar die sielkundige manipulasie en aanranding ook. Dit gebeur daagliks en baie kies om die kop te draai of die oor toe te maak. Kom ons staan saam teen hierdie aaklige mishandeling van vroue, kinders en mans. Raak betrokke en luister as iemand wil praat.
@Corlea wat ookal jou situasie wees sterk en indien dit ‘n veldtog is ek ondersteun jou!!

FrUk ·

Die volgende afspraak in haar dagboek is koffie saam met Karlien.

Faye ·

Definitely a brilliant wake-up call, we are woman, no punching bag and whether it is real or not why judge her, when she is actually just awakening the public with the truth, with a reality of what happens daily and woman keep quite, well done Corlea, it takes guts. You are a star in a million :)

@Corlia ·

Ek was al so geslaan maar wragtig die vrou lyk mooi vir iemand wat so geslaan is. my are in my oog was gebars, en baie swelling gehad. ek kon skaars my oog oop maak. daai is makeup

Heksie ·

Definitief grimering …. ek weet hoe lyk dit as jou oë toegeslaan is …

Soek sy nou aandag?

Lukas ·

Dis beslis opgemaak. Ek het my vrou eenkeer geslaan, en dit het heel anders gelyk. LOL.

alida ·

Lukas dan verkondig jy dit nog. Waar is jou selfrespek. Chris Cameleon het dieselfde gedoen toe hy aandag wou trek deur te verkondig dat Bridges sy pa is. Kinderagtig verby.

Annamarie Olivier ·

Ek lees die kommentaar en ek is geskok oor die reaksies.
Ek is jammer om te se maar ons het in beledigende en eie geregtige mense ontaard wat ‘n vry se het oor als en almal.
As dit julle nie skeel nie waarom dan kommentaar lewer
Julle met julle slim kommentare gaan staan voor die spieel en kyk wat jy sien.
Julle is aaklig!

Susan ·

Ag Annemarie, gun elke ou om sy eiertjie te lê. As jy nie van die kommentaar hou nie, moet dit dan nie lees nie. As daar altyd net goeie en positiewe kommentaar op elke artikel was, sou dit darem baie oninteressant geraak het. Mense moet debatteer en redeneer oor onderwerpe, dit is soms goed om ander mense se standpunte ook te lees. Nie almal sien alles op dieselfde manier as jy nie.

@Lukas ·

Ek kan nie help om te lag nie maar dit was nou vir my eindelik snaaks lol

Cathy ·

Bly om te sien daar is so baie dokters en wyse weetgierigs op die post. Skaam julle.

Anoniem ·

MAAR UIT DIE AARD VAN DIE SAAK: Waarom moet mens jou vuil wasgoed op sosiale media en in die publiek was as jy nie ‘n rede kan staaf vir waarom jy so lyk nie, dan is dit mos nou aandagsoekery?

Elle ·

Corlea, indien jy graag dit n bewusmakings veldtog wil maak teen vroue mishandeling wil ek jou geluk wens. Die meeste kommentaar hierbo is dié van die ou Afrikaner volkie wat alles, nog soos in jare terug, alles wil wegsteek en onder die mat wil invee. Ek wens dat elke vrou wat mishandel word dit op sosiale media plaas en die persoon bekend maak wat dit gedoen het. Dieselde geld vir mans wat mishandel word. Die mense wat so negatief reageer het tyd om af te staan om kommentaar te lewer en is ook soms, in die meeste gevalle, wat al die nuus lees oor die bekendes, goeie of skinder nuus. Indien jy wel aangerand is, sterkte meisie.

Brett ·

Die mense hier bo draai my maag. Ek sal julle graag so wil maak lyk.

Skiet hom! Jy hoef hom nie vrek te skiet nie. Mik vir sy been.

Maar as jy wil gaan ek nie oor hom huil nie.

humor ·

Vir hierdie man is dit net ondenkbaar dat daar mans is wat hulle vroue slaan. Kan dit nie glo nie. Ek stel my voor as n man dit doen moet dit daarna n pynlike vernedering vir hom wees. n Man wat dit doen is nie n man nie en hy bly altyd n verloorder. Huweliksmaats moet op die regte wyse geskille kan oplos. Gereelde “onskuldige” rusies dryf mens uitmekaar uit. Instede dat mens n spanwerk in die huwelik is groei dit dan in n wanverhouding waarin man en vrou voortdurend teen mekaar gerig is en is daar geen sigbare tekens van liefde meer nie.

wilma ·

Volgens haar woordvoerder was dit “‘n onstuimige tyd vir haar maar gaan dit nou beter.” Sou dit gesê gewees het indien dit vir ‘n bewusmakingsveldtog was ? Ek vertrou dat die waarheid sal uitkom want geen vrou verdien dit om so te lyk nie!

Gesiggie ·

Corlea… nee nie jy nie?? jy verdien net die beste en mooiste in lewe”enige man wat so iets aan n vrou doen, moet toegesluit word… ja die Liefde kan met n mens snaakse draaie loop partykeer… maar n vark soos die man wat so iets aan jou doen weet nie wat liefde beteken. Raak ontdlse van die ou? hy sal jou lewe net meer en meer verwoes… sterkte en hoop dat als van nou af net beter sal gaan… jy het n Engel stem en gaan nog baie hoogtes in jou lewe bereik. Pas jouself mooi op

Dries du Toit ·

Ek vreet my hoed op as dit waar is. Al hierdie bespiegelinge is hardlywigheid van gedagtes en n skytery van woorde

Lisa ·

Dis BESLIS grimering. Geen swelsel, die bloukol is te “netjies” om n vuishou te wees, ook te direk “op” die oog (sou n vuishou nie meer kant toe gewees het nie? Mens ruk weg – of probeer ten minste – wegruk as n vuis na jou toe mik.

Die gebarste lip probeer nie eers real lyk nie.

Drama grimering 101: moet dit nie oordoen nie, less is more. As hulle nie so hard probeer het om dit “intens” te laat lyk het nie sou dit meer geloofwaardig gewees het.

Amanda ·

As dit publisiteit of bewusmaking van geweld teen vroue is, is dit na my mening in swak smaak. Grimering sal nooit die pyn en vernedering kan uitbeeld wat mishandelde vrouens in werklikheid moet deurmaak nie. Daar is baie eerlike en respekvolle bewusmakingsveldtogte wat in die kol sou wees.
As sy waarlik die slagoffer van geweld is, plaas mens nie so ‘n foto, en los dit dan oop vir bespiegeling nie – jy verskaf juis die feite as jy voel die publiek moet deel wees van jou persoonlike sake, om bespiegeling en verwarring te voorkom.

alida ·

Ek dink dit is nou genoeg van hierdie gekkespul. In elk geval laat ‘n vrou toe dat ‘n man haar die 2de keer so slaan. Hy moes die 1ste keer al in die tronk gewees het.

Blaarman ·

As dit so is dat sy aangerand is moet sy onmiddelik stappe neem.

Indien dit “‘n bewusmakingsveldtog” is, is dit in baie swak smaak en uiteraard nutteloos. Wie van ons weet nie dat familiegeweld bestaan nie? Ons is almal bewus daaran.

Lukas ·

Vir die wat my ernstig opgeneem het hierbo: as Corlea kan nonsies praat, dan ek ook. Lol.

Stem ·

Ek is versot op Corlea se musiek. Al wat my pla…. Ongeag dit nou “fake” is, en of dit nou die “waarheid” is, hoekom sal jy so ‘n halwe woord rondgooi oor wat eintlik aan die gang is. As jy vir die wereld wil vertel, dan doen jy dit reg, of jy los dit. Dit maak my ongelukkig dat daar ander dames is (volgens die “comments”) wat self deur ‘n soortgelyke situasie gegaan het, en nou hierdie foto moet sien. Iewer hierbo het iemand genoem “WAG VIR DIE VERRASSING” wat is die verrassing? Die enigste verrassing is dat die idioot wat aan ‘n vrou slaan, vir die wolwe gegooi moet word. Of het sy die paashaas geduik vir paaseiers?

lanie ·

Geen vrou wat MISHANDEL is soos die foto wys, sal sy dit bekend maak nie. Sy sal te skaam wees.

Gesiggie ·

Ok wel… indien dit nou wel nie werklik slaan merke is, maar net gremering… maak sy dalk n Video van Breek my Hart… jou wonde maak nie seer maar kry liewer?? hoop ons sal gou die waarheid hoor… ??

nannie ·

@Johan C Venter skryf by die artikel dat dit n “ontstuimige tyd in haar lewe was”. Miskien is sy aangerand en dat haar gesig beter is, sy het dalk nou besluit om navore te kom. Lees die artikel mooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.