Adam weer in hospitaal

Adam Barnard (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sanger Adam Barnard is weer in die hospitaal opgeneem.

Henri Scott, Barnard se bestuurder, het op 27 April op die sanger se amptelike Facebook-blad geskryf die sanger is uit die hospitaal ontslaan ná hy verlede maand in die rehabilitasie-eenheid opgeneem is. Barnard ly aan neuropatie-sindroom wat gekenmerk word deur die verlies van gevoel in ledemate, soos die hande. Die enigste geneesmiddel is ʼn suksesvolle nieroorplanting.

Hy kry tans onder meer fisioterapie, arbeidsterapie en hemodialise-behandelings om hom voor te berei vir ʼn nieroorplanting ná ʼn gepaste skenker opgespoor is.

Scott het egter Vrydag op Barnard se Facebook-blad gesê die sanger is weer in die hospitaal opgeneem nadat hy infeksie opgedoen het. “Adam is weer opgeneem omdat die peritoneale buis, waardeur hy dialise ontvang het, verwyder moes word. Dit het ongelukkig ʼn groot infeksie veroorsaak, so hulle behandel hom totdat die infeksietelling laag genoeg is [en] hy weer huis toe kan kom,” het Scott geskryf.

Talle boodskappe van ondersteuning het op Barnard se Facebook-blad ingestroom met aanhangers wat hom ʼn spoedige herstel toewens en hul gebede vir hom deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sterkte jong ·

Aai Adam,jys my special een tussen jou groepie…..bid vir jou en sterkte jong

MissDemeanor ·

Dit sal selfs nog beter wees om jouself te registreer as orgaan skenker (indien jy nie reeds het nie). Registreer sommer ook as been murg skenker by die Sunflower Fund se website.

MissDemeanor ·

Registreer as n orgaan skwnker, beenmurg skenker, skenk bloed en oortuig jou vriende en familie om dit ook te doen.

MisDemeanor ·

Sy enigste hoop op herstel is as hy n nier kan kry. Hy kan makliker n nier kry as neer mense orgaan skenkers word

Elsa ·

Vader U seun Adam het U aanraking nodig, hoor U kinders wat roep en herskep sy hele liggaamsfunksie in die Naam van Jesus….amen

mab ·

My oom is vrydag met presies dieselfde opgeneem in hospitaal, ook die buisie wat infeksie veroorsaak het. Baie sterkte Adam.

Jessie ·

Adam ek is bereid om nier vir jou te skenk sodat jy as jongmens kwaliteit lewe kan geniet.

christa ·

Sterkte Weet Liewe Jesus Dra jou Deur Ons Het n Wonderlike Vader So Sterk en Magtig Daar is niks wat Hy nie kan Doen nie

Bokkie Roodt ·

Sterkte Adam. Ons dink aan jou. Bid vir herstel. Kind van die Allerhoogste.

YOLANDE ·

Adam wees sterk in die moeilike tyd ons Vader sal jou by staan ons bid almal vir jou beterskap

skap

Susan ·

Adam jy moet baie, baie versigtig wees vir kieme met daardie pypie, my man het dit vir 4 jaar gehad. Hy het net op ‘ n gesteriliseerde skinkbord sy goedjies gepak en alles 100% gesteriliseer. Hy het nooit infeksie gekry nie.
Sterke

Ansie Geldenhuys ·

,, My hart bloei vir Adam. Ek het ‘n maand gelede in Pretoria in ‘n hospital gele – lewendig/dood. Hart en beroerte as gevolg van Lupus. Soveeel simpatie met jou jong man! Hy is van ons dorp en altyd in ons gebede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.