Afrikaans is groot: Hier is Minki se ‘breek-my-hart-brief’

Armand Aucamp en Minki van der Westhuizen, die seremoniemeesters by vanjaar se konsert (Foto: Facebook)

Die Afrikaans is groot-bestuur het vandeesweek gesê hy het op groot aandrang besluit om die brief wat Minki van der Westhuizen tydens dié konsertreeks voorgelees het, algemeen bekend te maak.

Van der Westhuizen, wat saam met die akteur Armand Aucamp as seremoniemeester by die konsert opgetree het, het dié brief voorgelees voordat Corlea haar liedjie, “Breek my hart”, gesing het.

“Ná die konserte het ons verskeie boodskappe ontvang en derhalwe besluit om dié brief te plaas,” het die bestuur van die konsert op Facebook gesê.

Die brief is geskryf deur Barry Pretorius, regisseur van die Afrikaans is groot-konsertreeks. Dié konsertreeks is pas in Gauteng voltooi, maar Wes-Kaapse aanhangers daarvan kan uitsien na twee aanbiedings volgende jaar in Kaapstad. Dié konserte word volgende jaar op 16 en 17 Maart by die Grand West Casino gehou.

Kaartjieverkope vir die Wes-Kaapse konserte het op 23 November geopen. Konsertgangers sal egter moet spring aangesien sommige vertonings op dié datums reeds uitverkoop is.

Hier is die brief:

Hallo my sielsgenoot, my lewensdroom, my begin en my einde
Ek skryf hierdie brief, maar watter adres sit ek op hierdie koevert?
Wat kos ’n posseël na die hemel?
Hoe weet ek die posman sal hierdie brief by jou aflewer – die een wat nou by God leef.
Kom tog terug, al is dit net vir 5 minute sodat ek jou van voor af weer kan vashou.
Kom terug, al is dit net vir een beker koffie, sommer in die kombuis by die groot donkerhout-tafel.
Kom tog terug en breek my hart, seblief, sodat ek van voor af weer lief kan wees.
Liefde
Ekke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ronelle ·

As ek ook maar dai brief kon stuur sou dit so bje briewe gewees het,Twee vir ons dogters,een vir my moeder en elk van my broers en dan my suster,lief en mis hle so bje

Mags ·

Sjoe Ronel… my hartseer is ouers en groot ouers en n stiefdogter,,, Ek kan nie eens dink hoe erg dit vir jou moet wees met almal wat nie meer hier is nie… Sterkte x

EJ. ·

Ja en di tyd van di jaar word di gemis na geliefdes elke jaar net erger en erger!!

Fanie ·

Ja wat sal n mens nou se die dood is so venaal so baie dinge wat n mens nog graag sou wou se dit is n leemte wat nooit gevul kan word nie want geen mens kan n ander een se plekkie inneem nie dit is n ewege gemis maar ook n ewege bewaring in die agtergeblewende se hart

Ten ·

Mens kan nie help om die briefie te lees met ‘n traan in die oog nie, veral die tyd van die jaar…mis my familie samesyn en daai bekers koffie om die kombuistafel!

Alleen ·

Alleen ploeter ons voort want die een is bang vir die ander.

Chantelle Connoway ·

Derde Kersfees sonder ons pa, en ek mis hom elke dag, my gunsteling was Vrydae wanneer ek gaan koffie drink het en dan bel hy wanneer ek vyf min laat is om te se “ek wag vir jou” my lewe is nie meer dieselfde nie en wens so hy was nog hier, die gemis sal altyd daar wees, en leemte laat n mens sprakeloos en kan dit vir niemand verduidelik nie,

Anton van C ·

Ons is baie gelukkig om ons mamma op 77 wat ons drie alleen groot gemaak het nog met ons te he. Ek weet egter ek gaan by julle almal hier kom raad vra daardie dag wat dit nie meer so is nie

Marcelle ·

Glo my. Raad is daar nie. Woorde is daar nie. Liefde en verlange sal vir altyd daar wees. Soms net erger en dan weer minder. Jy leer maar net om daarmee saam te leef.

Pop ·

Ek sou 3 stuur vir my kinders. En dan my ouers. Maar intussen praat ek maar so met hulle, elke dag. Die gemis raak nooit minder nie. En toe immigreer my hartsmind en kleinkind saam. Dis net so erg soos die dood. Ek whattsap en video call aanmekaar, maar ek kan nie aan hulle vat nie. En raai soms vang ek myself dat ek vir die ander ook wil whattsapp. ?maar helaas hulle antwoord nie. ek raak mal van verlang. Die seer slaan mens so in jou bors, in jou hele lyf. (Dankie dat ek kon kla)

Christine ·

Ek sou dit ‘n koppie tee saam met my ma maak, al het sy Altzheimers gehad en my nie geken nie, ek sou net haar hand wou vashou!

Tanya ·

My oupa is nou Januarie al 26 jaar oorlede. en my ouma is nou al ‘n jaar oorlede, as ek weer n hele dag saam hulle kon spandeer, saam my oupa boontjies kerf en my ouma se hand wat sy altyd so op my been neer gesit het en begin saggies vryf het… die woorde te hoor “jy sal altyd my liefling dogtertjie wees” Ek mis hulle so baie.

LMF ·

Mienkie ek was daar toe jy dit voorgelees het ek dink ek sou as ek kon by jou voete kom sit het die trane het geloop en my kinders het geweet dit is presies wat ek aan hul PA sou stuur ja jy het dit met soveel gevoel gedoen en dit was nie net ek nie ek het gesien hoe gryp die mense na hul sakdoekies dankie MM dat ek dit weer met trane in my oë kon lees

oogies ·

En daar loop die trane vrylik weereens my Moeders is nou 2 weke gelede oorlede die pyn en verlange is so erg ek wens ek kon net haar hand nog net een keer vashou al het sy ons kinder nie meer herken nie sy het Altzheimers gehad dit was die ergste vir my as ek gaan kuier het. Pa jy is nou al 17 jaar oorlede dit voel soos gister ek sal nou n koppie saam jou geniet het .Daardie wyse woorde van jou ouers sal my altyd bybly…….Mis julle my engelouers.

Sussie ·

Hoe verskriklik hartseer is ek nou so dat my hart pyn sukkel om beheer te hou want ek is nog by die werk, nie genoeg snees doekies in die box vir al my trane nie. het n engel kind verloor in Desember 1999 weens n siekte was maar 13 jaar oud en ek huil elke dag oor my kind, hoe begeer en daai 5 minute saam met hom elke dag. (dankie dat ek ook kon afpak)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.