Afrikaanse aktrise se broer sterf skielik

Brümilda van Rensburg (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse aktrise Brümilda van Rensburg se broer, ʼn beroepsfotograaf, is Woensdag oorlede.

Renico van Rensburg (64), wat veral in die modewêreld gewerk het, het ook talle bekendes soos Prinses Diana, Annelien Kriel en kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Leandie du Randt en Donna-Lee Roberts afgeneem.

Hy was ook verantwoordelik vir talle van die portretfoto’s van die aktrise se kursusgangers van die Brumilda Acting Academy & Agency.

“Ons geliefde broer Renico is oorlede. Woorde het ek nie. Dis die Here se wil. Hy beskik. Ek sal weer praat as ek kan,” [sic] het die aktrise op Facebook geskryf.

Boodskappe van medelye het op die aktrise se Facebook-blad ingestroom.

Van Rensburg is tans met vakansie in die buiteland saam met ʼn groep vriendinne.

Renico van Rensburg (64) (Foto: Renico.com)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.