Afrikaanse aktrise swanger met identiese tweeling

Jacques Potgieter, Angelique Gerber-Potgieter en hul seun, Jacques (Foto: Instagram)

Die Afrikaanse aktrise Angelique Gerber-Potgieter is weer swanger – dié keer met ʼn tweeling.

Die aktrise het op sosiale media gesê sy en haar man, die rugbyspeler Jacques Potgieter, is baie dankbaar oor dié nuus, selfs al het hulle nie verwag om nege maande ná die geboorte van hul eersteling weer swanger te wees nie.

“Ons is so geseënd, want ek is nie swanger met een baba nie, maar met twee! Alle eer aan ons Vader in die hemel,” het sy Sondag op Instagram laat hoor.

Sy het in ʼn onderhoud met Rapport gesê sy en Potgieter kan nie wag om hul identiese tweeling vas te hou nie.

“Ons het dit glad nie verwag of beplan nie. Ons het nog altyd ná Jacq’ie [haar en Potgieter se eerste baba] gedink ons wil redelik gou weer ’n baba hê, maar nie só gou nie. Vandat ek vir Jacques ken, wou hy nog altyd ’n tweeling gehad het. Nou sê ek vir hom hy is duidelik God se witbroodjie, want Hy verhoor al sy gebede en nou ook sy wens om ’n tweeling te kry,” het sy aan Rapport vertel.

Sy en Potgieter het op 11 Junie verlede jaar op die Eureka-landgoed net buite Durbanville die knoop deurgehaak. Die egpaar ken mekaar al ʼn geruime tyd en is sedert Augustus 2014 in ʼn verhouding.

Die egpaar het in November verlede jaar vir klein Jacques in die wêreld verwelkom.

Gerber het bekendheid verwerf as die Roemeense boetiek-assistent Clara in die gewilde sepie 7de Laan. Sy was ook onlangs in die fliek Dis koue kos, skat te sien en is ʼn voormalige Boer soek ʼn vrou-aanbieder.

Die aktrise het die nuus Maandagoggend aan Maroela Media bevestig, maar wou nie verder kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Lollie ·

Pragtige, goeie nuus. Mag hierdie mooi paartjie net geluk ken. Hulle is stil en lewe hulle lewe op hul eie. Hulle vang nie allerhande snaakse dinge aan net om in die media raakgesien te word nie. Baie geluk met julle goeie nuus!

LV ·

Sjoe maar die mediese wereld het gevorder,nie geweet hulle kan al op hierdie stadium van swangerskap al se dat die tweeling identies is nie!

SB ·

2 hartkloppies in 1 sakkie is identies. Ek het ook ‘n 2ling, maar hul is nie-identies. Daar was 2 sakkies, elk met hul eie hartklop.

sysie ·

Angelque lyk besonders met haar donker hare. Pas haar baie goed. Baie geluk met die goeie nuus. Ek kan nie wag om hulle te sien nie.

Riena ·

Inderdaad is dit nuuswaardig! Babas word so skaars soos hoendertande. Gesinne wat twee kinders of minder kry is besig met volksuitwissing. Nie eers instandhouding word gehandhaaf nie. Almal is ontsteld oor al die moorde – met reg. Nou kan ons ook bly wees as iemand bereid is om die vreugde van die kinderseening te geniet.
Geluk julle! En hoop dat dit nie die laastes is nie.

Susan ·

Ek stem Danie en Besemryer en wat sy nie nog sal doen om haar lewe te verkondig nie en seker te maak sy gaan dit ook ‘n reeks maak nie, spaar my asb. Ek sal altyd bly wees vir enige persoon wat swanger is, maar ‘n baba is kort by heilig en nie ‘n modegier nie. Ek sê nie sy gebruik babas vir modegiere nie, maar wel om aandag op haar te vestig.

Anoniem ·

Stem saam Susan! Sy is baie lief vir die “lime light” en haar realiteits reeks is baie ligsinning.

Jakoba ·

Wat verstaan julle tog nie, haar man is ‘n bekende rugby speler en sy ‘n bekende aktrise. Julle lees to so graag alles oor Hollywood aktrises maar o wee as ‘n Suid Afrikaanse bekende aktrise nou in die limelight is dan kom daai Groenoog Monster sterk na vore onder sommige Suid Afrikaners wat niks gun vir ander nie. Sal eerder die pragtige vrou en haar man sit en sleg se en afkraag… se darm baie van julle karakter ne

Rina Kotze ·

Geluk Julle 2!

Mag jou swangerskap rustig en sonder komplikasies wees!

Jacques, kyk mooi na haar!

Kan nie wag om die dubbele seëninge te sien nie!

thea ·

die program op die tv is maar baie vol van haarself, na die geboorte van die babas sal sy weer in haar ou jeans pas, sy en Karlien van jaarsveld houdings is . is net te veel met hulle swangerskappe

Jakoba ·

HAhahahahah ek sien die GROENOOG Monster in jou kommentaar. As sy en Karlien in hulle jeans pas na hulle babas “Good on them” Twee beeldskone vrouens daardie.

Ouma ·

Oe sissterrrr, jy beter hulp kry! Om 3 babas groot te maak gaan, gaan sit nie in ‘n mens se klere nie…. En nou praat ek nie van ‘n Ouma of ‘n vriendin wat vir 2 weke kom help nie. “n Vrou kan maklik depressief raak na geboorte as sy uitgeput raak. Nee kry behoorlike hulp wat altyd daar is.

Susan ·

Jakoba, dit is juis die problem met Suid Afrikaanse fly by night akteurs en aktrises. Hulle verwag om soos celebrities hanteer te word en dan is hulle nie. Hollywood maak nie so ‘n bohaai oor hulleself nie. En weet jy wat? kritiek beteken nie ‘n mens is jaloers of het die groenoog monster in jou kommentaar nie. Ons lewens is nie so arm om te dink elke jan rap en sy maat is ‘n celebrity nie. Ja Karlien en Angelique is pragtig, maar hulle is so baie lief vir aandag en juis daarom verveel hulle aandagsoekery ons. Gaan kyk maar na akteurs wat werklik suksesvol is, hulle is nie heeldag op soek na iets om gou in die media (veral huisgenoot) te vertel nie. Jy gaan ook nie ‘n goue ster kry omdat jy verslaaf is aan akteurs ens wat dink hulle is iets nie.

Jene Robberts ·

Angelique jou hare lyk pragtig en die donker hare komplementeer jou gelaat vreeslik. Baie geluk en sterkte met die 2 nuwe toevoegings wat julle 1 van die dae 5 ipv 3 gaan maak!!

glimlag ·

Geniet julle kinders hulle is net vir ons geleen ,dit is n groot vooreg om kinders te kan he wees baie lief vir hulle ,hulle kom van ons Hemelse Vader af

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.