Afrikaanse aktrise verras oor derde swangerskap

Jana saam met haar man, Hannes, en kinders, Ohan (6) en Luka (4) Foto: Instagram

Die Afrikaanse aktrise Jana Strydom gaan vir ʼn derde keer ma word.

Die bekroonde aktrise het die nuus Maandag aan Sarie bevestig.

Jana, veral bekend vir haar rolle in Erfsondes, 7de Laan en Boland Moorde, het aan dié tydskrif gesê sy en haar man, Hannes Kruger, is onkant betrap met die swangerskapnuus.

“Ek het nie probeer swanger raak nie, maar dis ook nie asof ek voorbehoedmiddels gebruik het nie. Ek sien dit as ʼn geskenk en nie ʼn skok nie.”

Sy moes glo ook ʼn rol in die gewilde kykNET-reeks Die Boekklub prysgee weens die swangerskap.

Die aktrise en haar man het reeds twee kinders, Ohan (6) en Luka (4).

Sy is tans besig met die verfilming van die jongste seisoen van die SABC-televisiereeks Erfsondes wat in September op die kassie te sien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.