Afrikaanse aktrise woedend oor naakfoto in koerant

Tinarie van Wyk-Loots. Foto: Maroela Media.

Die Afrikaanse aktrise Tinarie van Wyk Loots is woedend nadat ’n naakfoto van haar sonder haar toestemming in Krit, die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se feeskoerant, gepubliseer is. Dié koerant het tydens die fees vroeër vandeesmaand in Oudtshoorn verskyn.

Dié naakfoto’s ter sprake kom uit tonele in die verhoogproduksie Die koninkryk van diere – ʼn vertaling van die Duitse verhoogproduksie Das Reich der Tiere deur Roland Schimmelpfennig.

Van Wyk Loots het aan Maroela Media gesê die veronderstelling was dat geen naakfoto’s van die akteurs op die verhoog geneem word nie. Sy sê foto’s van dié tonele was van die begin af verbied.

Sy sê dié foto’s wat gepubliseer is buite die konteks waarin dit plaasgevind het, “het die teenoorgestelde effek van die oorspronklike rede” waarom naaktonele in die verhoogproduksie gebruik is.

Dit is ook onder meer die bewoording van Krit se advertensie-plakkaat – “Kyk wie is kaal in die stort!” – wat haar ontstel.

“Dit doen skade aan die waardigheid van die geheel. Dit gaan oor ’n beginsel. Met hierdie tipe gesindheid teenoor naaktheid – vir sensasionele waarde – versterk ons die stigma verder in ’n gemeenskap waar ons steeds worstel met stellings soos ‘haar rokkie is kort, so sy is seker bereidwillig’, of ‘jy is kaal op ’n verhoog, dus gee jy nie om om so blootgestel te word in die openbaar nie’,” sê sy.

Die aktrise sê sy is veral ongelukkig oor die gebruik van die foto’s omdat dit gaan oor die beskerming van die akteurs – veral “tydens weerlose oomblikke op die verhoog”.

“Kunstenaars het reeds so min beheer oor hoe hul beeld daarbuite sonder hulle toestemming gebruik word, veral in die uitvoerende kunste. Dit is vir my ’n ontstellende neiging dat publikasies so vrylik foto’s gebruik vir hul eie doeleindes, sonder toestemming.

“Kuns se verspreiding behoort gekontroleer te word deur die kunstenaar, en die bewaarders van kuns, om die kuns, die kunstenaar en die publiek te beskerm. Dit is tog sensitief van aard vir dié wat dit beoefen, en dié wat daaraan blootgestel word. ’n Blokkie [om te bedek] herstel nie waardigheid nie. Daar is ’n verskil tussen ’n karakter wat haar borste ontbloot, of naak is, en ’n foto van ’n akteur of aktrise in ’n koerant. Diegene wat dit sien gebeur op die verhoog verstaan wat die omstandighede is, en die lesers nie.”

Sy sê talle se opmerkings dat sy al voorheen naak in die media verskyn het, onder meer op die voorblad van Taalgenoot en tydens Aardklop op Potchefstroom, en dus nie deur dié foto gepla behoort te wees nie, is onvanpas.

“Wanneer jy toestemming gee vir so iets, kan jy die eindresultaat beheer. Op daardie verhoog was ek ʼn karakter, maar op die voorblad is ek Tinarie.  Dit kom vir my net uiters goedkoop en onsmaakvol voor, en het die fees vir my op ’n slegte noot laat eindig. Sekerlik is dit die stukke op ons verhoë wat mense behoort te ontroer, en nie akteurs se naaktheid nie?”

Intussen het Danie Keet, Krit-redakteur, aan Maroela Media gesê dié koerant se bedoeling was nie om sensasioneel te wees nie.

Keet sê ʼn kommunikasie-gaping het eindelik dié petalje veroorsaak.

Krit het geen ooreenkoms met die kunstenaars nie. Ons het wel ʼn mondelinge ooreenkoms met organiseerders gehad dat ons wel mag foto’s neem, solank dit nie direk van voor is nie. Dit het egter vinnig ná publikasie geblyk dat daar êrens ʼn groot misverstand plaasgevind het.”

Keet sê dié foto is gekies omdat dit baie van haar naaktheid verbloem. “Ons invalshoek was om die belangrike vraag te vra of naaktheid werklik nodig is om ʼn storie eg en waar te vertel, en daarom het ons toe dié foto gebruik. Dit het glad nie oor sensasie gegaan nie, inteendeel – ons het glad nie die storm verwag nie.”

Van Wyk Loots sê egter dit is nie die gesprek oor die relevansie van naaktheid wat ontstel nie, maar eerder die manier wat dit aangepak is – onder meer met die bewoording van die plakkaat “Kyk wie is kaal in die stort!” – wat sensasioneel voorkom.

Hy sê hy en Van Wyk Loots was intussen in gesprek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Gesig ·

Tjk wie worry nou daar oor dis nie eens in di vollesin “naak” nie. Drama queens

Ai ·

My ma het altyd gese: “Moenie jouself vir n toffie uitgee as jy nie gekou wil word nie”

Jaylo ·

Dis wat almal agterna sê. Julle wil aandag trek en bekend raak met kaaltonele en daar het jy dit nou. Jy kan dit nooit weer delete nie. Oops.

Johann ·

As jy dan nou op die verhoog naak is, dan is jy mos nou in die publieke oog. So moenie huil as foto’s wat van jou, waar jy kaal op die verhoog verskyn het, nou in die koerante is nie. As jy dit in die eerste instansie nie daar wou hê nie, was die keuse nou mos maklik.

Jan ·

Sy wil maar wees, as ek die artikel hier bo lees, sy is al gewoond aan die naak kuns.

Jakobus ·

Nou wat se skop kry sy uit hierdie kunsvorm? Dis mos pure moedswilligheid.

Steve Stephansen ·

Nou wat verwag jy? As jy dit eenmaal kan doen, moenie kwaad word vir ‘n volgende keer nie.

Francois ·

KKnK is vir die afgelope paar jaar nie meer n kunste fees nie. Hoop hulle gaan die naam verander want daar is meer kareokie kunstenaars wat optree. Moet dit eintlik die Karoo Kareokie Fees noem. Die KK fees.

j ross ·

Stem saam Francois, lankal nie n plesier nie. Sal moet uithaal om saam met Aardklop te kompeteer. Ek gaan baie eerder die ekstra uitgawe aan (nou elke tweede jaar) en geniet die ondervinding.

Koos ·

Liewe land, sy verskyn kaalg@t in die openbaar en is dan ontsteld omdat naakfotos van haar in omloop is. Hoe naief kan mens nie wees nie? Jyhet getender daarvoor, en moes geweet het die kans dat dit sal gebeur 100% is.

Jakoba ·

HAHAHA lekker se jy hom nou Johann. Hier is heelwat skynheilige pruime

Adele ·

As jy nie blootgestel wil word nie, moet dan nie goed doen wat blootstellingswaardig is nie!!
Gaan maar op die ou einde oor slegte morele waardes, wat deesdae onder die dekmantel van “kuns” verskoon word! Net soos sekstonele in films!

Ru ·

Man. Ja, jitte Jannie…

Tinarie, dis nou uiters tragies en so… Ner jammer jy het nie in PW Botha se tyd toneelgespeel en die internet het nie bestaan nie.

Uiters tragies… Uiters

Maar hoe reken die Ingelse? There is no use crying over spilt milk, of dis gratis publisiteit nie?

Kate ·

Ek stem volkome saam…met die aktrise. Die plasing van die foto in die koerant was ongevraagd, onvanpas, sensasioneel en totaal buite konteks. ‘n Akteur of aktrise neem die persona van ‘n karakter aan op die verhoog (of in ‘n rolprent) en wanneer die gordyn, sak laat sy of hy daardie karakter in die kleedkamer agter (konteks is die sleutelwoord). Om dus die volgende dag op die voorblad van ‘n koerant as “naak in die stort” uitgebeeld te word, verrig oneindig skade aan die akteur/aktrise se beeld. Tinarie is ‘n uitstekende aktrise en ek het slegs lof vir haar werk. Ek hoop sy neem stappe teen die koerant om die skade wat haar naam aangedoen is, te herstel. En mag ons nog baie van haar werk te sien kry; hetsy op die verhoog of televisie.

Naas Vermaak ·

Dankie Kate! Ek het ook so ‘n dogter, gaan google maar rhodes univ. Ongelukkig is die meeste kommentare hier tipies die van stompsinnige oningeligtes. Daai Keet vrou van KKNK is die sondebok…..haar invalshoekvraag van of naaktheid geregverdig is om ‘n storie te vertel is suiwer gemik gewees op die naiwe publiek en syt geweet watse reaksie sy gaan kry – sy’s dislojaal teenoor haar aktrises en behoort gedagvaar te word.

Josie ·

Stem saam! Die pruime wat so uitvaar oor die naaktheid, sit julle klappe trug! Die oorsaak hier is dat daar nie met integriteit op getree is deur die KKNK se blad nie. Hulle het goedkoop sensasionele beriggewing gebruik. Toneelspel is ‘n kunsvorm wat al eeue lank so bedryf word. As jy nie hou van naaktonele, moenie gaan kyk nie, moet dan nie jou mond rek oor die wat wel gaan of die naak spelers nie.

Maryna ·

Afrikaanse toneelstukke asook Afrikaanse TV-dramas en Radioteater probeer so ver gaan as wat hulle kan. Afrkaans is mos “bevry” … kom ons doen alles wat dir Amerikaners doen! Dit maak my naar.

MissDemeanor ·

Ek kan nie glo hoe stompsinnig party mense se kommentaar is nie! Die akteurs het n ooreenkoms gehad met die KKNK, en daardie ooreenkoms is gebreek. Die aktrise het niks verkeerd gedoen nie. Sy het gekies om naak op die verhoog te wees omdat die rol dit vereis, NIE om naak in die koerant te wees sodat mense wat sensasie soek geprikkel kan word nie. Sy het die reg om woedend te wees!

Johann ·

Sy beoefen hierdie “kunsvorm” al laank voor die KKNK, en het van daardie fotos al laank gelede die ronde gedoen.

Rupert Ashford ·

En nou kry sy hope gratis publisiteit oor sy “huil”. Hoe hartseer…

charmaine ·

En in die foto is sy toegerits tot by haar ken, nie eers n toon steek onder langgggg gewaad uit nie. Moet se die eerste keer wat ek van haar hoor?

Kyker ·

Ag wys tog asserblief die fotos, dan kan ons self oordeel of sy ‘n saak het..

Ai mense ·

Ek stem volkome saam met MissDemeanor en Kate. Wat hierdie publikasie gedoen het, was nie reg nie. Veral in die lig gesien dat die OOREENKOMS tussen die akteurs sowel as die organiseerder vd toneelstuk baie duidelik gemaak is. Nou skree die koerant “misverstand”? Nee mense, dit was n ROL wat sy gespeel het en was in geen opsig n sletterige of goedkoop toneel nie. Maar die sensasie wat die koerant se mikpunt was, het die arme girl goedkoop laat voel EN lyk. En dis verkeerd. Hierdie vrou was in alle opsigte waar sy ookal in die openbaar verskyn het, ordentlik en verdien die nodige respek vd media asook die publiek. En as die toneelstuk n toneel inhet wat in die stort plaasvind, moes sy in haar klere gestort het?? Naak in die stort?? Hoe dan anders.

Johann ·

As die skoen druk, koop ‘n ander skoen. MAW, die keuse van die toneelstuk was haar keuse, sy kan altyd ‘n ander toneelstuk kies, as sy ongemaklik met die reaksie gaan wees. Party mens hou maar van naakheid, of dit nou die akteur of kyker is. Terloops, hierdie stuk waarin sy speel, is nou al laaank op die planke, voer dit by ander geleenthede ook op. Dit haar “claim to fame”.

Marleen ·

Dagvaar hulle as ‘n ooreenkoms of kontrak verbreek is. Hulle het jou duidelik vir sensasionele reklamedoeleindes uitgebuit.

Ronell ·

Nog a siek punt vir KKNK teekoppie joernaliste.
Volgende keer gaan niemand julle vermaak nie.
Julle is net so vreesloos dom soos ons huidige regering.

wielie ·

Vir wat wil jy in elk geval kaal voor n spul vreemdelinge wees? Ek sal my seker uit die ” show” skrik en my geld terug vra. Oijoijoi

Kosie ·

Ek het haar ge-google. Hele paar half-naakte fototjies. Berg van ‘n molshoop gemaak, nie juis iets wat belangstelling sal trek nie. Stem saam dat sy ‘n drama queen is.

Karen van Zyl ·

Elke liewe mens hier op aarde het al iets aangevang wat hulle eerder wil vergeet, ons ontken dit nie en ons gee nie ander mense die skuld nie, die verskil hier is dat ons stil bly en nie ‘n bohaai maak daaroor en nog meer aandag daarop trek nie, as jy jouself onskuldig wou hou, hierdie tantrum van jou het die 100x erger gemaak

E.K. - ek sê net! ·

Jinne mense kan darem aangaan. Nou moet sy skielik toneelstukke kies waarin sy nie naak sal verskyn en blablabla… Hierdie is ‘n uitsoektoneelstuk en dus dat sy dit gekies het is om haar vernuf as aktrise te toets. Wie is mense nou hier om haar keuses te bevraagteken? Regtigwaar. En ja, die bewording op die koerantplakaat is sensasioneel en onnodig. Die naaktoneel is bysaak en nie waarom die storie gaan en ek dink dis die punt wat sy probeer maak. Sy IS te na gekom en o terloops sy IS ‘n goeie aktrise. Die wat kammig nog nooit van haar gehoor het nie moet agter die klip wees of iets.

not in wonderland ·

Gaan Hof toe, die deure is oop vir almal wat dit kan bekostig.

Kandas ·

In Orion op TV, het sy ook in ‘n baie vurige liefdestoneel met Zatopek, kaalbors verskyn. So, dit behoort nie so “ongewoon” vir haar te wees nie.

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Wat het die feit dat sy voorheen in sulke tonele gespeel het met die crux van die saak te doene? Die hele punt wat lamal nou heir geheel en al miskyk is dat daar ‘n ooreenkoms was tussen die aktrise en andere dat daar nie SENSASIE foto’s geneem mag word en so versprei word nie. Die opskrif van die koerant maak die hele affere goedkoop publisiteit terwyl dit ‘n ernstige stuk is. Ek dink nie die probleem is dat mense haar halfnaak sien in die stuk nie maar dat dit nie op openbare mediums op ‘n vulgêre manier uitgebuit word om koerante te verkoop en DIT, liewe mense, is die crux van die saak. Onnodig en sommer net vuil. Volgens Keet was daar ‘n “kommunikasiegaping” en hulle wou met die “invalshoek” kom of naaktheid nodig is om die storei te vertel – waarom MNR KEET dan WEL ‘n sensasionele plakaatopskrif? Jou verskonings maak nie sin nie.

Pietman ·

Nou waarom word die foto nie hier geplaas nie? Ons sal darem wil sien waaroor die bohaai gaan.

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Pietman – want Maroela wil dalk nie ook op die ou sensastrein spring nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.