Afrikaanse sanger, akteur se oog potblou ná onverwagse vuishou

Die lede van Elvis se Seun (Foto: Facebook)

Die lede van Elvis se Seun (Foto: Facebook)

Sy oog is potblou, maar die vertoning moet voortgaan.

Dit was die reaksie van die Binnelanders-akteur en sanger, Stefan Ludik, oftewel Elvis se Seun, nadat ʼn onbekende man hom die afgelope naweek met die vuis getakel het.

Die sanger was glo besig om CD’s te teken ná ʼn konsert in Sasolburg, toe die man hom die barshou toegedien het.

Hy het ʼn foto van sy potblou oog op sosiale media gedeel. “Vanaand is De La Rey [een van die lede van die groep] nie die enigste een met ʼn sonbril op die verhoog nie. Selfs by ʼn Elvis se Seun-show kan iemand jou met ʼn onverwagse vuishou pot,” het hy geskryf.

“Jaloesie? Of dalk het ek sy CD nie mooi geteken nie? Ons weet nie. But the show must go on!”

Stefan het daarna aangegaan met die tweede deel van die konsert. “Ek het ʼn ysblokkie daarop gesit en toe weer voortgaan. Ten spyte van die bietjie drama het ons verder ʼn lekker vertoning gehad. Maak nie saak wat nie, niks stop ons boere-rockers nie. Verskoon maar die sonbrille vanaand,” het hy bygevoeg.

Lees die volledige inskrywing hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elize ·

Haai nee mense, dis mos onnodig. Blou oog of nie, Stefan bly n lus vir die oog??

Griki ·

Die pers bring die kleur van jou oog pragtig uit, Stefan! Baie bly hy’t nie jou neus getref nie.

Basson ·

Die sanger is aangehaal (“show”), dit was nie MM se taalgebruik.

Cacophony ·

Ag pappa was seker ontstoke omdat mamma gesê het sjoe kyk hoe mooi is die man. ??

Karin ·

Pappa was seker jaloers want mamma het seker vir jou sexy “moves” gekyk!!

Ella ·

Kyk as ‘n man paar drankies inhet en sy vrou maak opmerkings oor watse mooi lyf het Stefan dan is hy eers jarloers!!
Hy het seker ‘n boepens daarom vir Stefan gemoker!

Besorgd ·

Nou vra ek maar net, het niemand iets gesien nie, was daai hou so vinnig dat wie ookal die hou geslaan het net so kon verdwyn en dit terwyl hy besig was om cd’s te teken omring deur sy aanhangers. Dalk was dit nie ‘n jaloerse man nie maar ‘n vroulike aanhanger??????

Karma1 ·

‘n Vrou wat só ‘n moewiese hou kan moker? Dan moet sy ‘n Amasone wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.