Afrikaanse sanger en sy bulletjies kry TV-reeks

Jay du Plessis en sy seuns (Foto: Twitter via CO Productions)

Die Afrikaanse sanger Jay du Plessis en sy vier seuns is binnekort in ʼn splinternuwe werklikheidsreeks op VIA te sien.

Corné Oosthuizen, die sanger se agent, het gesê dié reeks, wat Jay en die boys heet, beloof om ʼn persoonlike blik op Jay weg van die verhoog af te gee.

Dié werklikheidsreeks volg die sanger en sy seuns waar hulle in elke episode ʼn uitdaging aanpak soos om onder meer ʼn kaskar of boomhuis te bou en sluit volgens Oosthuizen ook “lesse oor ouerskap” in elke episode in.

“Die meeste van Jay se aanhangers ken hom as die verhoogpersoonlikheid en som hom op as iemand wat onder meer hou van kuier. Jay en die boys gaan ʼn eerlike blik op hom bied: sy liefde vir sy gesin en sy passie vir ouerskap. Dit gaan aan hom dimensie verleen en aanhangers selfs nog liewer vir hom maak,” sê hy.

Groot dele van die reeks is by die sanger se huis verfilm terwyl sommige episodes op ʼn plaas in die Vrystaat geskiet is.

“Dit is ʼn gesinspoging,” sê Oosthuizen. “Al vier sy seuns en sy vrou is in die reeks te sien. Dit is baie opwindend en ons kan nie wag vir aanhangers se terugvoer nie.”

Die laaste dele van die reeks word in September klaar verfilm.

Jay en die boys is vanaf 19 September om 21:00 op VIA, DStv-kanaal 147, te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Haan ·

“Jay en die boys”
Pragtige Afrikaanse titel
… Televisie is iets waarvan my kinders gaan lees

andre ·

Amerika hier kom ons…probeer oorsee na maak met hul snert…Angelique en junior,Die bergs…pot strooiDSTV raak na SABC kwaliteit..

Theresa B ·

Genade – almal bekend is ook net mense. Nou kry almal hulle eie TV reeks op VIA. Is dit nou waaruit VIA gaan bestaan. Ek hou van almal as sangers maar is regtig NIE lus om alles van hulle af te weet nie. Asof hulle ook nie genoeg het nie – kry hulle net meer en meer en meer.

Realiteits televisie ·

Ek dog realiteits televisie is die Nuus? Jay, besef jy dat jy en jou gesin geen meer privaatheid gaan hê nie? Moet asseblief nie daaroor kla in die toekoms.

A ·

Dis nou jammer. Ek sou ook gehoop het Jay hou sy lewe privaat. Ek hou van sy musiek, maar soos Theresa sê – ek wil ook regtig nie meer weet as wat nodig is nie. Vertel ons van ‘n nuwe lied of CD – die res is jou lewe en besluite.

Suzie ·

Moet mens aansoek doen om so program te laat opneem?….. miskien kan ons ook dan so iets probeer… :) ek hou van mense, maar ek weet ook nou regtig nie of ek wil he hulle moet ALLES van my weet nie, maak nie saak of dit nou goed of sleg is nie.

Ben Esterhuizen ·

Ek wag in spanning. VIA gaan my nou enige tyd nader vir my eie TV program.

Gaan almal in die land ‘n kans kry?

M'Lady ·

VIA kan my gerus nader oor die lewe van n afgetredene. Belowe almal dit sal baie opwinded wees. Meer om die lyf as al die ander snert. As die geld reg is, is ek in.

tokkie ·

Hulle kan seker maar maak wat hulle wil. Ek ook. Ek sit die af knoppie af. Kyk nie sulke snert nie

Linda ·

As ek so na die verhoogfoto kyk kry ek ons Afrikaanse sangers baie jammer. Hulle “view” is nie so goed soos die gehoor sin nie! Nee kyk, ek verstaan hoekom Stevie is wat hy is. Wat van gedrag- en klerereels tydens konserte?

ROEBS ·

Hi
Waar kan ek aansoek doen vir my eie program het baie meer drama in my lewe hahahahah, Weet nie waarheen dit gaan lei nie maar ja geen meer goeie programme op tv nie.

Anti-bangles ·

Eerder Jay en die boys kyk as Betty Bangles. LIEWE AARDE. Hoe kan mans so aangaan. Sjoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.