Afrikaanse sanger gaan pa word

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

Die gewilde Afrikaanse sanger, Dewald Wasserfall en sy vrou, Anél, gaan vir die eerste keer ouers word.

Die sanger se bestuurder, Jenny Griesel, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

“Ek sien so uit daarna om ervaring en kennis met my kind te deel, maar terselfdertyd is ek ook maar bang – dis ʼn groot verantwoordelikheid,” het hy aan Rapport vertel.

Dewald en Anél het reeds in 2010 die knoop deurgehak.

Hy is al onder meer met ʼn Sama en Ghoema-toekenning bekroon en het al talle benoemings, waaronder die Huisgenoot Tempos, ingeryg.

Die nuus oor sy vrou se swangerskap is nie die enigste goeie nuus wat die “So eensaam soos die son”-sanger met aanhangers gedeel het nie.

Sy jongste album, Jy is die storm, het ook pas goue status bereik.

Dewald tree van 15 tot 19 Mei saam met ʼn groep ander Afrikaanse kunstenaars in Dubai op.

Hy vier tans sy huweliksherdenking in Swaziland en kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Lees meer oor Dewald se jongste album op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tanya ·

Ek stem met jou saam Gideon. Asof daar nie nuuswaardige berigte in ons land is nie.

Rike ·

Ai Gideon en Tanya. Bietjie goeie nuus in vandag se tyd is welkom. Ja daar is nog nuuswaardige berigte. En dit word gepubliseer. As jy nie iets soos die wil lees nie, hou verby. Hoekom dan oopmaak en lees as jy tog net gaan kla daaroor? Lewe is te kort om oor alles te murmereer.

charmaine ·

Hy het op n tyd gese hy wil nie kinders he agv sy sangloopbaan. Wys maar net is nie wat die mens wil he, dis wat God vir ons wil he.Geluk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.