Afrikaanse sanger, gesin ontsenu ná gepoogde inbraak

Elvis Blue 01

Elvis en Chirése (Foto: Maroela Media)

Elvis Blue en sy gesin is “geruk” nadat inbrekers vroeg Dinsdagoggend toegang tot ʼn vakansiehuis in Ballito in KwaZulu-Natal, waar hy en sy gesin tuisgaan vir ʼn kort vakansie, probeer verkry het.

Die sanger se agent, Kona Brown, het dié voorval aan Maroela Media bevestig.

Elvis is met vakansie saam met sy vrou, Chirése, en kinders, Lila (6) en Jua (3), ná 27 agtereenvolgende optredes.

Volgens Brown het Elvis omstreeks 04:00 Dinsdagoggend wakker geskrik van ʼn geraas in die onderste verdieping van die huis.

“Hy het skielik wakker geskrik, en was nog deur die slaap. Toe hy egter van die bed opstaan, kon hy sien hoe ʼn man die veiligheidshek probeer oopbreek. Daar was ook nog twee ander mans wat op die uitkyk was om seker te maak niemand sien hulle nie,” het sy gesê.

Chirése het glo ook van die bed opgestaan toe sy ook van die beweging wakker geword het. “Hulle het albei op die inbrekers begin skree en vir hulle gesê om te skoert. Dit het egter gelyk of hulle net vinniger toegang probeer verkry en hulle nie gesteur het aan die gille nie.

“Elvis het toe sy selfoon gegryp en die polisie gebel. Hulle was goddank binne sewe minute daar.”

Die inbrekers het waarskynlik te voet met die strand af gevlug. Niemand is nog vasgetrek nie.

Brown sê ook die gesin is almal ongedeerd, hoewel hulle ontsenu is.

“Hulle gaan darem nie hulle vakansie kortknip nie, want hy het dit ongelooflik nodig om te rus. Hulle is nou op soek na ʼn hotel of ander veiliger vakansieverblyf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

joe kruger ·

Dankbaar dat hulle niks oorgekom het nie. Dis duidelik die koelbloedige mense wou in en selfs die skreeu kon hulle nie afsit nie. Dis hier waar daar plek is vir n selfverdedigingswapen. jy het daardie paar oomblikke voorsprong en n goedgeplaaste waaskuwingskoot sou hulle op die vlug laat slaan. as hulle eers deur daardie deur is en jy word oorrompel is julle lewe heel moontlik vir altyd verander. ek besef die mense was op vakansie en dis moeilik om n vuurwapen saam te reis, maar ons het vandag (behalwe hulp van Bo) nodig om weerbaar te wees. baie sterkte!!

Cecily ·

Help nie mens soek na veiliger plek nie jys nerens meer veilig nie. Sit beams op buite jou huis wat sal af gaan as iemand in jou plek in kom dit gee mens rustigheid en waarsku jou vroegtuidig om polisie te bel. En mense om jou is ook wakker om hulp te help gee

Retha ·

Ons het self 9 jaar terug deurgeloop by Pebble Beach toe die skuifdeur uit sy spoor gelig en ons geroof is. My seun is van die balkon af gegooi. Met hulle treurige polisie het daar niks van gekom nie, hulle het die aanvallers gevang maar nooit moeite gedoen om verklarings by enige van ons te vat nie. Al word ek ‘n gratis mansion in Ballito aangebied sal ek nooit weer soontoe gaan nie. Ek kry tot vandag toe nagmerries daarvan, Hugh onthou niks van Ballito nie ( hy was 3 dae in intensiewe sorg) en as ek op vakansie gaan moet ek in die lug bly, alhoewel 5 vloere hulle nie gekeer het nie. Ballito suck!!!!

Marianne ·

Elvis dis julle huis – dis julle reg om DAAR te bly! Verskerp jou veiligheid maar ou vriend – as ‘n inbreker in ‘n PLEK wil in – is DAAR geen keer nie!!!!
Ek is bly julle is ongedeurd.

Anna J van Nieuwenhuizen ·

Ons is baie dankbaar teenoor ons Hemelse Vader dat hierdie ster en sy mooi gesin veilig is!

Adnnetjie ·

Bly hulle is veilig, maar die gesin sal n ruk neem om oor die trauma te kom. Ons ook al 3 keer so getraumatiseer. Dis al n jaar of wat terug, en ons slaap nog steeds met “een oog oop”!!! Dit is so jammer dat Suid Afrikaners so moet leef!!!! Nie almal kan sekuriteit bekostig nie, dis baie duur.

Chrisjan ·

Kry vir jou n vuurwapen boeta, dit is jou verantwoordelikheid om jou vrou en daai twee kleintjies te beskerm. Wat sou gebeur het as die tralies gebreek het of die saps bietjie later was?

knerries ·

Bly julle is ongedeerd. Raak gewoond aan hierdie gebeure, dit gaan net meer en meer gebeur. As jy nie bekend is nie, word daar niks gerapporteer nie.

Soortgelyke ondervinding gehad in Uvongo…..

Joe O'Linsky ·

Ons het gereeld Ballito en Suidkus af gaan vakansie hou . Die hele Kwa-zulu Natal is n nes van korrupsie en geweld , ook een van die grootste stede Durban is berug vir al die “Drugs” en ander onheilighede wat daar aangaan . Nee wat , as ek nie kan Kaap toe gaan nie , bly ek by my huis . Ek gaan nie nog geld spandeer in Natal net om altyd oor my skouer te kyk nie .
Een jaar by Ballito , was ons genadig net omtrent 30 minute te laat , anders was ons in n gewapende roof wat gedoen is by die suidelike inkopie sentrum daar op Ballito. Nee wat , nie meer vir my nie , die Strande is in elk geval ook nie so wonderlik nie .

neelsie ·

Jammer om van sulke goed te hoor .
Is ook pro-wapen ,maar moet asb nie die boef agter n geslote hek/deur skiet nie.

Dawie ·

Dis al jare ‘n probleem in Ballito. ‘n Mens moet tot met al jou vensters op tweede en derde verdiepings toe slaap anders word goed deur die oop vensters gesteel. As dit warm is versmoor jy in die nag net om te probeer veilig wees. Sal liewer daar wegbly. Ek dink dit was tot Louis Luyt wat een nag daar beroof was in hulle veiligheids landgoed so klompie jare terug.

Gemsbok ·

Welkom by die medemenslike gasvryheid en Ubuntu van Afrika.

Ria ·

MENSE LEES BIETJIE REG ASB. NIE ELVIS SE HUIS, N VAKANSIEHUIS WAAR HUL TUISGAAN TERWYL OP VAKANSIE. DANKIE…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.