Afrikaanse sanger hak die knoop deur met sý liefling

Rudi en Suzette Booysen (Foto: Facebook)

Rudi en Suzette Booysen (Foto: Facebook)

Die minnesanger Rudi Claase, bekend as een van die lede van die gewilde musiekgroep Die Lieflinge, het Dinsdag tydens ʼn intieme geleentheid met sý liefling, Suzette Booysen, afgehaak.

Hulle het einde 2015 verloof geraak ná hulle in 2014 deur ʼn gemeenskaplike vriend ontmoet het.

Die sanger het Woensdagoggend behoorlik op sosiale media gekoer. “Die eerste oggend wat ek wakker word as ʼn getroude man en dit met my sielsgenoot. Love you, my baby. Dankie vir elkeen se pragtige gelukwense gister,” het hy geskryf.

Rudi steel ook behoorlik die harte saam met sy sangmaat, Charné Hugo, wat sedert 2014 saam met hom sing.

Die sanger het destyds aan Phillip Moolman van Die Blou Hond vertel die duo se paaie het gekruis nadat hy ʼn kort snit van haar gehoor het.

Die duo se jongste album, Asemrowend, is steeds in musiekwinkels en op iTunes beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marianne ·

Rudi mag jy nou ware geluk en ‘n opregte lewensmaat gevind het!
Hartlik geluk aan Rudi en Suzette. Julle maak ‘n pragtige paarkie.

Dom Boer ·

Hak die knoop deur beteken los die probleem op en het niks met ‘n trouery te doen nie.

liefie ·

haak die knoop deur – dalk ene wat bietjie nagevors kan word sodat ons almal weet wat die regte gebruik en spelling en betekenis is. Asb Maroelamedia?

Wenner ·

Ek kanselleer ALLE negatiewe uitsprake uit in Jesus Naam! Rudi en Suzette, ek GUN julle hierdie geluk! As jul God die Hoof van jul huwelik maak, kan NIKS en NIEMAND dit verbreek nie!

Chris ·

Onder die Bloed van Jesus is alles moontlik. Net wilskrag ontbreek…

noempie ·

Ai, Mens probeer om nie te oordeel nie. Alle sukses vir die huwelik. Mag dit “ever lasting” wees en dat ons oor ses maande nie sal lees dit is verby nie. Ek glo almal gun julle die geluk wat julle verdien. Het eenkeer gelees dat ‘n Oom en Tannie baie jare getroud was. Iemand het gevra hoe kry hulle dit reg. Die Oom en Tannie het geantwoord “Ons het in ‘n tyd grootgeword dat as iets stukkend is dan maak jy dit reg, jy gooi dit nie weg”. Sterkte en Voorspoed.

Vra maar net ·

Wonder hoekom my kommentaar verwyder is? Was ek dalk TE naby aan die waarheid? #vramaarnet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.