Afrikaanse sanger in sewende hemel oor babaseun

Kurt Darren en sy vrou, Dunay Nortjé, en hul dogter Kyrah (2) Foto: Facebook

Kurt Darren en sy vrou, Dunay Nortjé, en hul dogter Kyrah (2) Foto: Facebook

Die Afrikaanse sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay Nortjé, het Dinsdagoggend hul tweede kind in die lewe verwelkom.

Tania Fourie, Kurt se agent, het aan Maroela Media vertel die egpaar se seuntjie het 3,58 kg geweeg en was 51 cm lank met geboorte.

“Hy is vanoggend 08:10 gebore. Alles het baie goed gegaan, en mamma en baba is albei baie gesond,” het sy gesê.

Fourie sê die egpaar is in die sewende hemel. “Kurt bars van trots. Hy het aan my gesê sy seun is net so mooi soos wat Kyrah [hul eersteling] was toe sy gebore is. Hy is dankbaar dat alles goed gegaan het, en sien nou uit na die ontmoeting tussen boetie en sussie.”

Die “Kaptein”-sanger het ook vandeesweek behoorlik op sosiale media oor hul nuweling gekoer. “Hierdie week verander ons lewe vir altyd, maar ten beste. Ek is baie trots op my vrou en hoe sy alles en almal om haar hanteer,” het hy geskryf.

Hulle het nog nie ʼn naam vir hul babaseuntjie gekies nie.

Kurt en Dunay het vroeër in Maart hul swangerskap met ʼn skattige foto op sosiale media aangekondig.

Hulle is in 2011 getroud en Kyrah (amper twee), is in November 2014 gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Denise ·

Baie geluk met julle seunKurt en Dunay ek kan dink jy is baie trots op jou seun n speelmaat vir Kyrah !!!

Elizna ·

Baie,baie geluk,Kurt an Dunney met jul baba seuntjie,mag hy vir jul net so baie vreugde en liefde bring soos jul pragtige dogtertjie

AVERILL ·

Baie geluk Kurt en Dunay met die geboorte van jul seuntjie. Mag hy altyd vir julle n sonskyn kind wees. Ek sal altyd sy verjaarsdag onthou, want hy verjaar saam met my.

Elsabe ·

Baie geluk!!! 1 dagi voor myne. Jy is My dogter se grootste fan!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.