Hetta Saunderson, ʼn geleentheidskoördineerder en eienares van M4 Events & Promotions, het die nuus op Facebook gedeel.
“Baie geluk, Jannie Moolman en Melissa-Jo Sharpe, met julle verlowing. Mag julle wonderlike jare saam hê,” het sy geskryf.
Moolman het Dinsdag die nuus aan Maroela Media bevestig, maar wou nie juis veel meer daaroor uitbrei nie. “Ons wil dit graag privaat hou. Ons het nog nie eens op ʼn troudatum besluit nie,” het hy gesê.
Talle aanhangers het die paartjie op sosiale media gelukgewens.
Salomie Labuschagne het geskryf: “Geluk, julle twee hier in ons Harties-valley [Hartbeespoort]. Laat weet waar jul is sodat ons dit kan vier en party hou!”
Marali Craig het geskryf: “Baie geluk en asseblief, Jannie, moet nou nie weer ʼn leeftyd vat om tot trou te kom nie!”
Moolman en Sharpe, ʼn tandheelkundige, het in Oktober 2012 in ʼn onderhoud met ʼn tydskrif bekend gemaak dat hulle “gekys” is.
Moolman was voorheen met Annake de Villiers, ʼn uitvoerende kunstenares en violiste, getroud. Moolman en De Villiers het hul planne om te skei in 2010 aangekondig. De Villiers het op 24 April 2012 haar eie lewe op haar pa se plaas naby Steynsrus in die Vrystaat geneem.
Annakese ring aan regterhand is selfde as Sharpe se verloofring. Kliek op die link in berig en vergelyk self. Wat sê jul?
Nee!!, glad nie dieselfde nie….nie eers naastenby nie.
Nee dit is nie dieslefde nie – die een is rond en die ander vierkantig . Nie dat dit sou saakmaak as dit dieselfde gelyk het nie!
Geluk. Julle gaan mooi kinders eendag he.