Die Afrikaanse sanger en radio-omroeper MD Greyling en sy vrou, Denise, het Woensdag ʼn tweede seuntjie ryker geword.
Die sanger het die nuus Donderdag aan Maroela Media bevestig.
MD vertel Lenro – ʼn naam waarop die egpaar sommer besluit het omdat dit vir hulle mooi is – en Denise is albei gesond. Denise word Saterdag uit die hospitaal ontslaan ná ʼn keisersnee.
Die egpaar het ook ʼn ander seuntjie, Divan, wat net ʼn raps ouer as ʼn jaar is.
“Nou gaan ons twee seuntjies in die huis hê, so ons berei onsself voor op ʼn malhuis. Gelukkig is ons heeltemal voorbereid vir die res van die jaar, aangesien ons reeds met Divan ʼn pad moes stap,” vertel hy.
Wat van ʼn dogtertjie? “Ek dink ons gaan so ʼn bietjie tyd neem om asem te skep,” skerts hy. “Ons sluit nie die moontlikheid heeltemal uit nie – maar ons sal oor so drie jaar weer herbesin as ons met Divan en Lenro oorleef het.”
MD het voorheen aan Maroela Media vertel die geboorte van sy eerste kind het hulle lewe verander. Hy meen dié bulletjie gaan die gesin se lewe ook verder verryk.
“Ons lewe het onherroeplik verander. Dit het eintlik verander van die dag dat ons gehoor het ‘ons’ is swanger. Voor troues en kinders doen ʼn mens alles vir jouself, nou draai my lewe van dag een om hulle,” het hy gesê.
- MD en Denise Greyling in die hospitaal met hul eersteling. Foto: Facebook via MD Greyling
- MD en Denise Greyling se eersteling, Divan. Foto: Facebook via MD Greyling
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Lenro en sy vrou Denise? Moet die nie Lenro en sy ma Denise wees nie
Wie dit nou sal ek nie weet nie! Nogal bekend!
Baie geluk julle mooi mense