Afrikaanse sanger wil só diere help

Jak de Priester (Foto: Maroela Media)

Die Afrikaanse sanger Jak de Priester het in samewerking met Die Blou Hond-teater in Pretoria en die Caring Daisies-liefdadigheidsorganisasie ’n nuwe geldinsamelingsinisiatief, genaamd “Geel jou hart vir liefde”, van stapel gestuur.

De Priester bied ʼn reeks van ses eksklusiewe konserte aan wat van 12 tot 17 Desember in Die Blou Hond-teater sal plaasvind.

“Die doel van hierdie konserte is om ’n jaarlikse instelling te vestig en op dié manier sonskyn in die lewe van mense en diere te bring,” sê De Priester. “Dit behels ʼn week van liefdadigheid. Hierdie jaar is diere ons oogmerk en ons samel dierekos in vir die honderde honde en katte wat oorgelaat is aan die genade van die mensdom.”

Treffers uit sy loopbaan van die afgelope 15 jaar word aangebied en teatergangers kan uitsien na ʼn lied of twee uit sy “De Priester en een kerkorrel”-konsert sowel as treffers soos “Sally Williams-nougat”, Kersliedere en selfs ʼn bietjie komedie.

De Priester sê dat hulle hierdie inisiatief graag ʼn jaarlikse instelling wil maak en daarvoor die ondersteuning van die publiek nodig het. “Daar is ses aande met 170 stoele beskikbaar per aand. Ons wil die publiek nooi om ʼn tafel te bespreek, selfs twee! Daar is geen beperking nie. Ons vra geen ekstra geld nie, slegs ʼn bydrae in die vorm van komberse, blikkieskos en/of ʼn sak kos wat ons onder die geel Kersboom gaan plaas.”

Kaartjies kos R330 per persoon en sluit ʼn buffet-ete en nagereghappies in. Vir besprekings skakel Die Blou Hond-teater by 012 348 8820.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paula van der Walt ·

Ek is mal oor Jak de Priester. Hy was by ons skool, Laerskool Fairland vir onderhoud met Karin Zoid vir die program Reis na gister. Karin was in ons skool gewees toe ek noh bitter jonk was. So het Jak ń onderoud met my gehad oor ń storie oof Karin. Die manier hoe hy met my gesels het was so ongelooflik gemaklik gewees. Ek was al by sy huiskonsert gewees. Ons het hom ook al gaskunstenaar by die skool gewees waar almal hom geniet het , oud tot jonk. Ons damespersoneel het hom ook as vermaak gebruik op ons damesnaweek. Wat ń heerlike naweek van sang en dans. En Jak het so gemaklik met ons gesels! Gaan groot Jak!

Janine ·

AAWWWW …. Skop Jak nou sommer so vinnig-vinnig vir hom ‘n plek in my hart oop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.