Afrikaanse sanger word pa: “Dis ongelooflik en oorweldigend”

Nuweling van die jaar, Adam Barnard en sy vrou, Almitra Botes. Foto: Adéle Changuion

Adam Barnard en sy vrou, Almitra (Foto: Adéle Changuion)

Die Afrikaanse sanger en voormalige lid van die musiekgroep Romanz, Adam Barnard, het Maandagoggend vir die eerste keer pa geword van ʼn skattige babadogtertjie.

Die sanger het die nuus aan Maroela Media bevestig.

Adam en sy vrou, Almitra, het klein Carmie 09:30 Maandagoggend in die wêreld verwelkom. Sy het 3, 65 kg geweeg.

Carmie, ʼn Bybelse naam, beteken “God se tuin”.

Almitra en Carmie is gesond. “Dit is ongelooflik en oorweldigend en mens besef wat ʼn wonderwerk dit is. Ek wens vir haar net gesondheid en liefde vir die toekoms,” het hy gesê.

Wat is die belangrikste les wat hy haar wil leer? “Om mense met liefde te hanteer en Jesus te ken.”

Die sanger het onlangs nuwe musiek bekendgestel waaronder die enkelsnitte “Seisoene in die son” en “Woorde tussen jou en my”.

Vir meer inligting, besoek Adam se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Elize ·

Baie geluk julle. Grootste geskenk wat n ouerpaar uit God se hand kan ontvang.

Gert Rossouw ·

Baie geluk dit is ‘n wonderlike geskenk van God geniet elke oomblik van ouer wees

Denise ·

Geluk met julle baba dogterjie sy is gelukkig om julle twee as ouers te he als wat mooi is vir julle !!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.