Die Afrikaanse sanger en voormalige lid van die musiekgroep Romanz, Adam Barnard, het Maandagoggend vir die eerste keer pa geword van ʼn skattige babadogtertjie.
Die sanger het die nuus aan Maroela Media bevestig.
Adam en sy vrou, Almitra, het klein Carmie 09:30 Maandagoggend in die wêreld verwelkom. Sy het 3, 65 kg geweeg.
Carmie, ʼn Bybelse naam, beteken “God se tuin”.
Almitra en Carmie is gesond. “Dit is ongelooflik en oorweldigend en mens besef wat ʼn wonderwerk dit is. Ek wens vir haar net gesondheid en liefde vir die toekoms,” het hy gesê.
Wat is die belangrikste les wat hy haar wil leer? “Om mense met liefde te hanteer en Jesus te ken.”
Die sanger het onlangs nuwe musiek bekendgestel waaronder die enkelsnitte “Seisoene in die son” en “Woorde tussen jou en my”.
Vir meer inligting, besoek Adam se Facebook-blad.
Baie geluk julle. Grootste geskenk wat n ouerpaar uit God se hand kan ontvang.
Baie geluk dit is ‘n wonderlike geskenk van God geniet elke oomblik van ouer wees
Geluk met julle baba dogterjie sy is gelukkig om julle twee as ouers te he als wat mooi is vir julle !!!