Afrikaanse sangeres spog met tweede pienkvoet

Die foto wat Riana op Facebook gedeel het (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sangeres Riana Nel en haar man, Cornel de Beer, het vir ʼn tweede keer ouers geword.

Die sangeres het dié goeie nuus op sosiale media bevestig. Volgens haar inskrywing is hul kleinding byna ʼn week gelede gebore.

“#6 dae oud. ‘U het my die eerste lewenslig laat sien, my veilig laat rus aan die bors van my moeder.’ [Dit is] ons kinders se eerste kontak met liefde en die plek waar hul leer vertrou,” het sy op Facebook laat hoor.

Nel het ook gespog met dié pienkvoet se babakamer. “Die kamer is ook nou reg. [Ons het] die awesomeste kot gekry by Baby Boutique Online – dit verander in ʼn enkelbed met bedkassies en boekrakkie soos hy ouer raak.”

Die egpaar het nog nie meer besonderhede oor hul kleinding bekend gemaak nie. Hul eersteling, Tristan, is in Maart verlede jaar gebore nadat hulle in 2013 getrou het.

Maroela Media het die sangeres in Augustus verlede jaar in ʼn prettige video gevra wat sy sou sê indien een van haar kinders sou besluit om ʼn rock-ster te word. Hoewel dit vir haar belangrik is dat hy minstens goed genoeg kan sing, wil sy ʼn ma wees wat haar kinders ten alle tye ondersteun.

“Dit sou seker maar afhang van hoe goed hy is,” het sy gespot. “As hy wil hard core rock doen, gaan hy darem baie goed moet wees – ons het hoë standaarde. Maar as ʼn ma sou ek verseker net my kinders aanmoedig om te doen presies wat hulle wil; maak nie saak wat dit is nie.

“Ek sal my bes doen om te probeer om hom te laat glo dat hy die beste is in dit wat hy doen. Die wêreld het ʼn manier om ons af te breek, en ek wil nie daardie ouer wees wat my kind laat voel dat ek nie in hom glo nie. Daar is tyd vir realisties wees, maar jy moet hulle maar net altyd ondersteun, veral in hul jonger jare.”

Die sangeres kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Die foto wat Riana op Instagram gedeel het (Foto: Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lizelda Jv Rensburg ·

Baie geluk Riana en Cornel. Mag julle kinders baie geseend wees en net alles wat mooi is vir hulle inhou.

Jippie ·

Baie geluk Riana en Cornel. Mag julle dierbare geskenke van Bo net vir julle geluk en liefde inhou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.