Aktrise weer swanger – op 54!

Brigitte Nielsen (Foto: Instagram)

Die aktrise Brigitte Nielsen het op Instagram aangekondig dat sy, in die ouderdom van 54, swanger is met haar vyfde kind.

Die aktrise, bekend vir haar rol in Rocky IV, het twee foto’s op Instagram gelaai om met haar babamagie te spog.

Nielsen is ook bekend vir haar rolle in flieks soos Red Sonja en Beverly Hills Cop II. Sy was ook ʼn model vir bekende ontwerpers soos Giorgio Armani, Gianni Versace en Gianfranco Ferré.

Nielsen is getroud met die 39-jarige Mattia Dessi, ʼn vervaardiger. Sy was al vyf keer vantevore getroud en het vier seuns, aldus People Magazine. Haar seuns is 23, 25, 28 en 34 jaar oud.

“Family getting larger #me #family #brigittenielsen #babybump,” het sy op Instagram geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gertryda ·

Genade sy het baie beter as ek
Nog n kleinkind op daai ouderdom….. nie vir my dankie
Sterkte vir haar

skok ·

Ek is dieselfe ouderdom en nee dankie dis te rof -dit help seker as jy ‘n nanny of ses het

Lynette Schultz ·

Noie, ek dink jy kyk na die foto’s waar sy waarskynlik 34 jaar oud WAS. (Argieffoto’s). Sy lyk baie beslis 54 op die oomblik

Marelise ·

Wat ‘n wonderlike voorreg om ‘n vyfde swangerskap te mag hê. Mag sy gesond deur dit gaan en baba ook gesond en welgeskape wees.

Enigste hartseer is dat dit uit soveel huwelike moet voortvloei.

Besondere geseënde vrou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.