Amor Vittone en kinders gedreig, geïntimideer

Amor Vittone saam met Martin Bester en Tumi Morake (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sangeres Amor Vittone het Donderdag op JacarandaFM vertel sy en haar gesin word gedreig en geïntimideer deur middel van briewe wat na die gesin se huis in Johannesburg gestuur word.

Die sangeres het op die Breakfast with Martin Bester & Tumi Morake-ontbytprogram gesê sy én haar kinders word in die briewe gedreig. Dié insetsel is vooraf opgeneem en Donderdag op die radiostasie uitgesaai.

“Hoe meer ek die briewe lees en daarna kyk, en eintlik geïntimideerd moet voel daardeur, laat dit my eintlik lag. Hoe laag moet jy daal om so iets te doen? Jy moet seker baie onseker van jouself of jaloers wees om só iets te doen en my kinders te teiken,” het sy gesê.

Vittone het op ʼn vraag van Bester gesê die briewe bevat persoonlike inligting wat net haar naaste familie en gesinslede weet. Sy het ook gesê die gesin weet wie die skuldige is, maar hou dit vir tyd en wyl nog stil.

Die sangeres sê sy het die briewe met handskoene oopgemaak om te verhoed dat haar vingerafdrukke op die briewe gelaat word.

ʼn Betroubare bron na aan Vittone het bevestig dat sy ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak het.

Sy wou nie op die lug kommentaar lewer oor die inhoud van die briewe nie.

Die sangeres is tans met vakansie in Spanje en is nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Bron: JacarandaFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Spanje Vakansie...? ·

…. Maar sy kry soooooo swaar finansieel?
Jammer ek is bietjie dom.

Trix ·

Gaan my verstand ook te bowe….dog die pop krepeer van ellende?!

AI TOG ·

Haar pa het betaal vir die vliegkaartjies en hul verblyf. Haar seun neem deel aan ‘n sokkertoernooi in Spanje.

Helene ·

Ag man, kan jy aan niks anders dink as om negatief teenoor hierdie mense te wees nie. Sy kom nie uit n arm familie nie en wie weerhou iemand in haar familie om haar te stuur vir n vakansie na al hierdie mislike dinge wat met haar en haar kinders gebeur het nie.

Soekie ·

Siek!! Hoeveel pyn en seer moet die gesin, veral die kinders nog verduur. Ek hoop daar word opgetree voor hull met nog hartseer sit.

Alida Muller ·

As jy mooi opgelet het in die klas sou jy gesien het dat haar seun Jordan saam met sy s9kkerspan deelneem aan toernooie in Spanje. Haar Pa het hom gesponsor en toe besluit hy neem die hele gesin saam. Daarom is hulle alma tans in Spanje. Maak seker van jou feitee voor jy nonsens neerpen.

Silver ·

So dankbaar jy lig die oningeligtes in. Sommige mense verkies net om te lees wat hulle wil en kyk bo oor feite.

Louise ·

Sandra,
Ek stem 101% saam jou, wat het dit met WIE uit te waai.
Sy kan met haar geld maak net wat sy wil en het alle reg om te baklei vir haar kinders wat hulle toekom. Ek sal dieselfde doen, my arms af baklei vir my kids.

Tom ·

Dis reg sy kan maak wat sy wil met haar geld. Sy moet ook uit die kollig bly om agtervolging (stalker) te vermy. Om te kla sy het geld nie en dan lees jy dat sy in Spanje is, al is dit geld van haar pa, maak net nie gesondheid denke nie.

Regtig ·

Jy is 200% reg. Dit het niks met ons te make nie. So sal sy nou ophou om dit aan die publiek te verkondig?

Madeleine ·

As iemand kies om in die kollig te leef en meeste van hul gesins en persoonlike lewens aan die media te verkoop Staan so iemand n kans op bedreig te word deur die publiek.Dis waarom ek bekendes wat hul gesinne privaat hou baie respekteer en steun.

Linda ·

Amore trou met Joost.Sys baie gelukkig,wow sy sing tot hoe Lief sy vir hom is.Nooit skaam vir haar man en kinders nie.Dinge loop skeef,sy wil skei ,maar ter wille van hom bly sy getroud.Hy word regtig baie siek en sterf .By die begrafnis word sy stief behandel .Sy is sy weduwee, Nie eers haar kinders om te troos nie,sit alleen in ‘n ry stoele?.Die vlag moes na regte na haar gaan ,maar dit gaan nie.Sy word oral stief behandel ?Joost is nie meer Hier nie ,maar in my hart glo ek hy sou vir sy weduwee gesorg het.Maar die testament sè nie so nie?Syt nog altyd gewerk Kan mense regtig haar nie uitlos nie.Wat het SY regtig gesondig? Ek wonder? Het sy ooit iemand anders gesien ? Nee ? Syt net liefgehad maar het nooit Joost verneuk nie?HET SY DIÈ GOED NODIG? Het albei nie tydens hul huwelik gewerk nie? Sy is geregtig wat haar toekom,gee dit vir haar.En wat maak dit saak hoe en waar sy vakansie hou? SY WERK DAN? GENADE LOS HAAR UIT.Sy is deur hel,die wat dink Dis maklik om net iemand te vergewe na so ‘n video uitgekom het,dink Weer .Hoe sou JY opgetree het, MNR of MeV ? Glo my ek sou nie aan kon gaan nie.

sons ·

Stem saam sy was lief vir Jooste hom verdedig en saam met hom gestaan en geglo aan sy onskuld met die video sage toe word sy onnugter en moet hoor hy het vir haar gejok. Wel ek haal my hoed vir haar af sy het gedoen wat sy kon en verdien nou net n bietjie geluk. Sterkte Amor.

LB ·

Simpatie vir haar of nie.. Waarom moet mense hul daaglikse lief en leed wyd en syd verkondig al is jy ook hoe bekend? Hoekom dit aan die groot klok hang? Sensasie of simpatie soek of die vrees om vergeet te word? Privaatheid en goeie oordeel is tog jou reg en sekerlik ook kinders s’n wat deur die belaglikhede van die volwassenes geraak sal word wanneer hulle eendag sal kan begryp wat hul lees oor hul ouers. Om jou maandelikse begroting onder andere met die wêreld te deel is tog soek vir lelike opinies want dit het rojaal geklink aan baie se standaarde gemeet. Dalk ‘n wag voor die mond sit, ‘n woordvoerder aanstel en waardig aangaan met jou lewe en wys deur dade wat in jou steek.

Nhk ·

Meester van die Hooggeregshof sal nooit ooit toelaat dat die 2 kinders nie van hul pa erf nie. Ja dreiger ..los nou maar jou suur druiwe.

Ella ·

Sy het die briewe met handskoene oopgemaak? Hmmm….hoe het sy geweet die inhoud van die brief is van so aard dat sy moet voorsorg tref? Nog vóór sy dit oopgemaak het? I smell a rat.

chantelle ·

het presies daai selfde gedagte gehad behandel sy alle briewe met handskoene. Wonder maar net.

Suzette ·

Was my gedagte ook. Mense trek mos nie sonder rede handskoene aan om ‘n brief of briewe oop te maak nie. My beskeie mening…………

Waghond ·

Kan wie ookal haar (en die kinders) nie maar uitlos nie? Wat het sy aan ander gedoen of gevra? Niks nie. Sy het haar lewe op “hold” geplaas om Joost oor die afgelope paar jaar tydens sy siekte by te staan. Sy het soos ‘ n dame betaam, ‘n hartroerende toespraak tydens sy erediens gelewer. Dit kon nie maklik gewees het nie. Kom ons gun haar en kinders tyd om als te verwerk, en geluk en liefde te vind. Is dit nie maar wat elkeen van ons vir onsself gun nie?

Michael ·

Soos ek dit verstaan was Joost se broer wat die opoffering gemaak het nie Amor nie

Rierie ·

Ag maggies Ella… jy kan mos sien of dit n Munisipale rekening of weird geskryfte/geplakte brief is… veral as dit meer as een keer gebeur?

Bronwyn ·

Hahahahahaaaaa so Mike Bolhuis.can have a mouse again??? He is such a funny man

VanAfrika ·

na al julle negatiewe kommentaar
Jordan lei sy span in spanje en hou op om hierdie kind se ma so aan te val. Julle is nie almal volmaak nie en het julle eie foute wat Amor nie van weet nie, nou kan sy nie vinger na julle wys nie en van wat ek kan aflei sy is nie so n tipe mens nie

AP ·

Stem saam met EKKE……… wens almal wil nou vir die Vittone en van der Westhuizen gesinne uitlos, niemand gaan dink julle is so great om ander mense so te verneder en sleg te se nie. Ten minste was sy en haar ouers daar om vir Jordan te ondersteun!!

Elize ·

Daar is groter probleme in die land as om te wonder waar amore die geld kry en hoe sy die briewe oopmaak ens ens ens….. regtig mense!

SARIE VAN HEERDEN ·

Of Vitone so ‘n suksesvolle sanger is weet ek nie. Har grootste werk is om in die nuus te bly en WAAR kom die nuushonde aan al die inligting? Terloops, wat het van Marlene van der Westhuizen geword? Ons het nog nie vergeet nie.

Paarl ·

Spanje vakansie ek stem saam met jou. Was my eerste denke ook, sy kry soooooo swaar maar nou lees ek sy sit in Spanje. Hoe moet ons weet haar pa het betaal en hoe moet ons weet haar kind is daar vir ‘n toernooi? Julle almal wat so af gaan en klomp eiers te lê het vir julle inligting ek volg nie die storie nie en so ook seker baie ander mense ook. Hierdie is die 1ste wat ek weer lees na haar “budged” in die Huisgenoot gepubliseer was. Dankie dat julle nuuskierig aagsies ons oningeligte mense op hoogte hou van ander se doen en late. En julle wat vra: wat het Amor se sake met enige iemand te doen? Nou vra ek aan jou: wat het Amor se sake met jou te doen, jy lees te heerlik saam en weet presies wie vir wat betaal en waar en wanneer die kinders aan sport deelneem. So jy is net soos almal……. mens en nuuskierig!! Nie een van julle weet presies wat in Amor se lewe aangaan nie, as dit nie vir die media was nie, sou julle niks geweet het nie.

Helen ·

Ek neem aan dat elke persoon wat aantygings tov Amor se persoonlike omstandighede maak, haar persoonlik ken en direkte insae (bewyse) het om hul aantygings te staaf. Daar is ‘n groot verskil tussen vryheid van spraak en aantygings.

Darius Els ·

Die vrou is buite haar gemaksone!
Haar beste beroep is skakelbeampte.Sy weet hoe om media weekliks besig te hou met “kalklig” steel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.