Amor Vittone ondergaan operasie ná fratsongeluk

Amor Vittone (Foto: Facebook)

Amor Vittone (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sangeres, Amor Vittone, ondergaan Woensdag ʼn tweede operasie om die geskeurde ligamente in haar linkerbeen en haar gebreekte enkel te herstel.

Vittone is Maandag na die hospitaal gehaas ná ʼn fratsongeluk op ʼn springmat tydens haar seun, Jordan (13), se verjaarsdagpartytjie.

Die voorval het gebeur by Bounce, ʼn sentrum vol springmatte waar waaghalse spronge en toertjies uitgevoer kan word, in Johannesburg.

Delyse Vittone, Amor se ma en bestuurder, het Woensdag op Facebook gesê hoewel die sangeres sterk voorkom, is sy in baie pyn.

“Dankie vir al die Facebook- en WhatsApp-boodskappe en dankie dat julle Amor in jul gebede hou. Ons bid die operasie sal ʼn sukses wees,” het sy gesê.

Amor, wat onlangs ook in die gewilde sepie 7de Laan te sien was, het vroeër aangekondig dat sy in April vanjaar as Doringrosie op die verhoog te sien gaan wees. Dit is onseker of sy betyds weer op die been sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Arno ·

Die maroela media is lekker om so op jou foon te lees enige plek en tyd

Jeanette ·

Sterkte, hoop jy word gou gesond en jy is n fantastiese akteur jy het jou rol ongelooflik goed gespeel as Zelda in 7 de laan

moekie ·

Ek is al 64 en as ek die kans kry om saam met my kleinkind its te doen dan doen ek dit, wat is verkeerd daarmee sy is n mamma en kan mos nog saam met haar kinders speel wat is fout daarmee?

*Sê-eerder-niks* ·

My ouers het my geleer as jy niks goed kan sê oor iemand nie, dan bly jy maar stil. Te veel mense wil klippe gooi omdat sy (volgens hulle) “aandag” soek. Nee man sy is ‘n fantastiese mens en ek het haar al persoonlik ontmoet. Sy gee nie voor nie. Sterkte Amor. Hoop jy is gou weer op die been. Nou laat ek saam my kinders ook spring!!!

Barry Noble ·

Lewe is kort om snaaks en lelik gewees met ander mense ,God is liefde.

Vleisman ·

Ek gaan nou nie die vrou sleg sê nie, want van julle bars in trane uit as iemand nou iets negatief teenoor haar sê. Maar my vraag is dus aan die media, wat is die nuuswaardigheid van hierdie berig? Ek lees MM 3 keer per dag om te weet wat in ons land en ander lande se gebeure aangaan, nie om te lees van ‘n aktrise wat haar enkel by ‘n partytjie gebreek het nie. En nou gaan van julle seker vra hoekom lees ek dan die berig, dit gaan oor die beginsel as ek sulke goed wil raaklees dan moet die maar in ‘n Sondag ponie koerant verander word.

Henry ·

Ja nee Vleisman, ek stem met jou op die een, maar ongelukkig (of gelukkig, hang af hoe jy daarna kyk) leef ons in ‘n gemeenskap met uiteenlopende belangstellings en wat vir een nuuswaardig is, is moontlik nie vir ‘n ander nie. Ek belowe jou, vir elkeen van ons wat nie regtig omgee oor een of ander aandagvraat (ek verwys nou nie spesifiek na Amor nie) se doen en late nie, is daar seker 20 ander wat ‘n behoefte het om op hoogte gehou te word.

pierre ·

Wonder van watter mense Vleisman nou eietlik sou wou lees? Zuma, Malema.

Sjoe ·

Kry ‘n lewe is al wat ek kan sê. Werklik, sy is een van ons land se goeie kunstenaars en aktrise en ja haar aanhangers sal graag daarvan wil weet, lees waarvan jy hou, dit is wat ek doen. Verder draai mens se maag elke keer as jy oopmaak, ek kyk benoud of daar nie iemand naby my of my vriende vermoor is nie, glo my dit is die nuus wat ek nie wil lees, maar dit gebeur daagliks dat mense vermoor word en dan nog ongelukke. As dit te veel raak skip ek net en lees dit nie. Die koerant kan egter nou nie ophou berig omdat dit my ontstel nie. Gryp tog maar die lewe met meer positiwiteit aan!

Hannelie ·

Sterkte Amore ek glo jy sal gou weer op die been wees. Oulik van ‘n ma wat nog alles saam haar kinders doen. En ignoreer die negatiewe mense…hulle was elk geval nuuskierig genoeg om die berig te lees. Sterkte.

sarie ·

Sterkte Amor. Vertrou jy word gou volkome gesond vir jou nuwe rol!

Annette ·

Ek hoop die operasie sal n sukses wees sodat jy reg sal wees vir jou volgende optrede. Ek haal my hoed vir jou af. Ek dink nie ek sou kon doen wat jy doen , na alles waardeur jy is nie. Sterkte en ek hoop jy vind eendag geluk.

Kiepie ·

My vraag is, wat maak van dit ‘n FRATSongeluk? As jy op ‘n trampolien spring is daar mos ‘n wesenlike risiko dat jy ‘n been kan breek of ligamente kan skeur. Miskien ‘n bietjie sensasionisties met die opskrif MM?

Carlia ·

Dis gewwonlik Facebook of Twitter nuus. Ag nee Maroela Media. Die land brand en jul berig oor haar enkel. Berig liewer oor die beande by Stilbaai en Riversdal.

Sarie ·

Ek stem saam met Henry en Vleisman. So what – dit is net ‘n enkel wat se ligment geskeur is. Ek is seker daar is dinge wat baie meer nuuswaardig is. Ek is nie ‘n groot aanhanger van haar nie, my eie redes wat ek nie kan noem nie. Maar ja – net die artikel gelees omdat ek verveeld was. Gedink dit was ernstig. Nuus oor Joost sou baie meer interresant gewees het. Hy is nuus werd meer as sy.

Jene ·

Al die mense wat dink dat Amore, die Brinks ens baie spesiaal is, wil ek net se, ons lewe in n samelewing waarin ons ander se belange ook op ons hart dra, en nie in n selfsugtige samelewing nie. Oor die algemeen is dit goed om n bietjie van ander te lees en te weet wat in hul lewens aangaan. Ons wil ook nie altyd net die nuus oor die ANC, terroriste, ens lees nie, ons soek n bietjie afleiding, dis goeie medisyne vir die siel !!! Amore ek het ook my enkel so gebreek en ledemate geskeer. Die pyn is ondraaglik. My voet was blou/pers en rooi !! 9 weke later kon ek eers versigtig, tree vir tree , stap met behulp van n stywe rek om my enkel !! Na 8 maande kon ek weer behoorlik loop !!! Mag jy gou gesond word. Ons bly lief vir jou !!! ‘No matter what !!!!’

Annatjie ·

Hi Amor, Baie sterkte met die operasie en vinnige beterskap. Jy is ‘n pragtige persoon van binne en buite en ek geniet jou musiek verskriklik baie. Liefde

JC ·

Wie is die vrou. Ok maroella.Ek het my vinger gister met die grinder gesny. Kan jy dit asseblief publiseer.

Gereelde leser ·

JC, jou finger beseer is inderdaad vir my net so groot nuus want ek sien jou kommentare meer gereeld hier as wat ek van haar sien. So vir mense soos ek is jy en paar ander hier nog groter bekendes as sepie akteurs.

Estelle ·

Waarom altyd mense kritiseer? Party mense het nooit n goeie woord vir ander. Hoe gaan jy voel as iemand lelik met jou is. Asseblief mense die lewe is te kort vir onenigheid. Reik liewers uit na jou medemens en betoon liefde nie haat nie. Amor en ander is net so n mens soos jy en ek en hul het net soveel reg soos ons om met hul lewe te maak soos hul wil. Moenie so gou oordeel nie.

Hanlie ·

Ek is 48 jaar oud (amper 49) en geniet dit om allerhande dinge saam met my kinders te doen – bv saam met hulle op die springmat te spring, kliphard saam met hulle musiek te luister en te dans, in die reen te hardloop kaalvoet, ens. Dit hou my “jonk” en aan die gang en ek spandeer lekker tyd saam met my kinders.

Amor is ‘n fantastiese mens, plat op die aarde en mal oor haar kinders. Miskien sou ons samelewing ‘n bietjie beter gewees het as ouers meer aandag aan hulle kinders gee en meer dinge saam met hulle kinders doen.

Leonc ·

Het die vooreg gehaat om Amor op n geleentheid te ontmoed, Sy tree op soos n regte dame moet optree. Gou gesond word Amor jy is n gooie voorbeed vir alle dames van alle ouderdome.
Bid vir jou en sterkte vir jou helle gesin

Bosvelder ·

My kleindogter het onlangs by dieselfde plek ook haar enkel geswik. By die hospitaal se ongevalle afdeling waar sy behandel is, het die mediese personeel vir my seun gesê dat hulle daagliks mense vir voetbeserings wat hulle by Bounce opgedoen het, behandel. Miskien is dit tyd dat die owerhede onderssoek instel na veiligheidsmaatreëls by die plek.

Bettie ·

Baie sterkte aan Amor en haar familie, die mense wat so negatief is teen oor hul mede mens, haal eers die balk uit jou eie oog voordat jy iemand kritiseer! Jy ken nie ken die volgende persoon se lewensverhaal nie so wie is jy om ander te kritiseer. Maak eerder seker jou eie lewe is 100% voordat jy iemand sleg sê. In my oë is kritiseerders laer as slak slym!!!

Louisa ·

Sterkte…hoop jy herstel volkome….ai mense los die smerige aanmerkings en bid eerder vir haar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.