Amptelike verlowingsfoto’s van prins Harry en Meghan uitgereik

(Foto: Twitter/Alexi Lubomirski/Kensington-paleis)

Die Kensington-paleis het Donderdag amptelike verlowingsfoto’s van die verliefde prins Harry en sy verloofde, Meghan Markle, op Twitter gedeel.

Dié paartjie sal op 19 Mei volgende jaar by die St. George-katedraal by Windsor-kasteel in die eg verbind word.

Prins Harry (33) en die 36-jarige Hollywood-aktrise het verlede maand amptelik hul verlowing bekendgemaak. Daar is ook bevestig dat koningin Elizabeth, die prins se 91-jarige ouma, die seremonie sal bywoon.

Die troue kom minder as twee jaar nadat die paartjie in Julie 2016 vir die eerste keer ontmoet het.

Intussen berig talle oorsese media dat Inbal Dror, ʼn mode-ontwerper, moontlik Markle se rok gaan ontwerp. Drie sketse het aan die media uitgelek van hoe Markle se rok moontlik kan lyk. Dror het bevestig dat die koninklike familie haar gekontak het oor die moontlikheid om die rok te maak vir Markle se groot dag.

Die drie sketse sluit ʼn hoë neklyn, valle en gepofte skouers in. Dror werk vanuit Israel en spesialiseer in trou- en aandrokke. In teenstelling met die gelekte ontwerpe, het Dror glo ʼn voorliefde vir lae halslyne en deurskynende materiaal.

Die Amerikaanse sangeres Beyoncé is ʼn groot aanhanger van Dror en het ʼn rok deur dié ontwerper gedra na die 2016 Grammy-toekennings. Dror het ook verskeie uitrustings vir Beyoncé se Formation-toer gemaak.

Dit is nog nie bevestig of Dror die ontwerper sal wees wat Markle se rok gaan maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chris ·

Gaan nog steeds aan wat 118 jaar terug gebeur het maar verwag dat swart mense seker vinnig vergeet van Apartheid? Is ek reg?

C ·

Kaster jy is seker al baie oud as jy nou nog daaroor sit en top.

What??? ·

Lol Kaster…..beweeg voorentoe my maat anders gaan die dinosaur’s ok netnou pla en jou “vandag” kom opeet….

[email protected] ·

julle naiewes hierbo moet maar lekker sepies en koninklike stories lees, en kripeer onder belasting en massamediamanipulasie. Sterkte vir julle.

Denise ·

Ek kry julle jammer wat so ai Kaster !!! Die mense stel nie eens belang wat hier met ons mense gebeur nie al wat hulle wil he is die land!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.