Andriëtte maak geslag van baba bekend

Die sonarfoto wat die sangeres op sosiale media gedeel het (Foto: Instagram)

Eers het die sangeres Andriëtte Norman (31) se huishouding bestaan uit drie mans teen net een dame, maar nou is die kanse dat ewewig in dié huishouding binnekort herstel gaan word finaal aan flarde: Andriëtte het pas aangekondig dat sy nóg ʼn seuntjie verwag.

Die sangeres het haar tot sosiale media gewend om dié nuus met aanhangers te deel. “Nog ʼn boeta op pad. [Ons is] baie opgewonde,” het sy by ʼn sonarfoto van haar nuweling geskryf.

Dit volg nadat Andriëtte die nuus oor haar tweede swangerskap vroeër in Maart vanjaar die eerste keer bekend gemaak het.

Die sangeres en haar man, Glynn Moolman (32), se eersteling, Graham, het vroeër vanjaar een jaar oud geword. Glynn het ook ʼn agtjarige seuntjie, Nathan, uit ʼn vorige verhouding.

Die sangeres is op 28 en 29 Julie by die Sun Arena by Time Square in Menlyn in die Krone 5-konsert te sien. Die konsert word ook op 4 Augustus by GrandWest in Kaapstad gehou.

Andriëtte se jongste album, Pêrel vir ʼn Kroon, is in 2015 uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.