Foto’s: Angelique verklap tweeling se name

Angelique Gerber se ooievaarstee.

Die Suid-Afrikaanse aktrise Angelique Gerber het die afgelope naweek foto’s van haar ooievaarstee op Instagram gedeel en daarmee saam ook hul nuwe pienkvoete se name verklap.

Angelique het vroeër die jaar, óók op Instagram, aangekondig dat sy en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, tweelingdogtertjies verwag.

In haar inskrywing op Instagram skryf Angelique haar ooievaarstee was “ongelooflik” en bedank sy haar ma, Lynette, wat dié geleentheid gereël het. Die plek waar die ooievaarstee aangebied is, was versier met prente van olifantjies, wolke en reënboë in blou, wit en pienk. Ander bekendes soos Donnalee Roberts het ook die geleentheid bygewoon.

Angelique het in ʼn spesiale boodskap aan Donnalee geskryf: “ Ek bid vir ongelooflike, opregte vriendinne soos jy, Don, vir my twinnies!”

Donnalee het óók ʼn plasing aan Angelique gemaak en gesê dit was baie spesiaal om die dag saam deur te bring. “So spesiaal om jou dogtertjies saam met jou te vier, Angie! Baie opgewonde om hulle te ontmoet.”

In twee van die foto’s wat Angelique of Instagram gedeel het, is die name Annabel en Olivia in houtblokkie-letters uitgepak.

Angelique en Potgieter is sedert Augustus 2014 in ʼn verhouding en is in Junie verlede jaar op die Eureka-landgoed buite Durbanville in die Wes-Kaap getroud. Hulle het hulle eersteling, Jacques jr., in November 2016 verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jeanette ·

Baie geluk, dis pragtige name en n oulike ooievaar tema ??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.