Baba no. 2 op pad vir Ricus en Liza

Liza Brönner is swanger met haar en Ricus Nel se tweede baba. (Foto: Facebook/Liza Brönner)

Liza Brönner, sangeres en vrou van die “Boerepompie”-treffermaker, Ricus Nel, het Sondag aangekondig sy is swanger met hul tweede baba.

Die egpaar het op Moedersdag bekend gemaak dat hulle ‘n dogtertjie verwag. “#itsagirl #happymothersday,” het Liza geskryf by ʼn foto waar sy haar swanger magie wys.

Talle bekendes het die sangers gelukgewens met die swangerskap.

“Baie geluk julle,” het Charlize Berg, wat ook onlangs ma van ʼn tweede baba geword het, gesê.

“So bly vir julle liefste Liza,” het Dunay van Heerden, vrou van Kurt Darren, geskryf.

Ricus en Liza se eersteling, Dawid, is op 22 November 2018 gebore. “Ek kan nie glo dat ʼn mens soveel liefde kan voel nie,” het Liza destyds oor hul seun se geboorte gesê.

Ricus en Liza is op 26 Januarie 2013 getroud.

Liza Brönner en Ricus Nel. (Foto: Facebook/Liza Brönner)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.