Bekende aanbieder word dogtertjie ryker

Robbie en sy vrou, Lynn, met hul pasgebore bondeltjie. (Foto: kykNET/Instagram)

Robbie en sy vrou, Lynn, met hul pasgebore bondeltjie, Lara. (Foto: kykNET/Instagram)

Die televisieaanbieder en radio-omroeper Robbie Kruse en sy vrou, Lynn, het Dinsdag ʼn dogtertjie ryker geword.

Die dogtertjie, na wie Kruse liefderik op sosiale media verwys as “sy klein ninja”, se naam is Lara.

Die egpaar het in Mei vanjaar aangekondig dat Lynn swanger is. Kruse het destyds in ʼn telefoniese onderhoud met Maroela Media vertel hy het nooit besef hoeveel emosies hy sou ervaar soos toe hy en Lynn gehoor het hulle gaan ouers word nie.

“Dit was amazing toe ons die eerste keer die baba se hartklop gehoor het,” het hy gesê. “Ons het op sowat ses weke vir die eerste keer gehoor Lynn is swanger.”

Hy het verklap hulle wou nog altyd kinders hê. “Ons probeer al ʼn hele rukkie, en nou is ons uiteindelik hier. Ek het nooit gedink ek sou voel soos ek voel nie. Jy dink nooit oor hoe jy sal voel om ʼn klein kindjie wat jou eie is op pad te hê nie; maar dis regtig amazing.”

Die egpaar is in Mei 2015 getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.