Bekende Afrikaanse kletsrymer gaan pa word

Simon Witbooi (Hemelbesem) en sy vrou, Claudia (YOMA). Foto: Maroela Media

Die bekende Afrikaanse kletsrymer Hemelbesem se vrou, YOMA, is swanger.

YOMA, wat self ook ʼn gewilde kletsrymer is, het Maandag dié nuus op ʼn bloginskrywing vir Rooi Rose bevestig.

“My asem is weggeslaan deur die wete dat hier ’n mensie met idees, opinies en ’n identiteit binne my vorm. Iemand vir wie God reeds ruimte geskep het op aarde. Daar is twee harte wat hier binne my klop,” het sy geskryf.

YOMA is ʼn raps langer as vier maande swanger. “[Ek] begin ervaar hoe die kind beweeg, maar behalwe vir beweging, is dit asof die klein dingetjie klop vanaf hier binne. Ek deel die nuus met my ma en haar antwoord was: ‘Ja, die kind wil gesels!’”

Die egpaar, wie se regte name Simon en Claudia Witbooi is, het in Mei verlede jaar die knoop deurgehaak by die romantiese Seeplaas-boetiekrestaurant en-kunsgalery in Groot-Brakrivier in die Wes-Kaap.

Hemelbesem is veral bekend vir sy liefde vir Afrikaans. Die sanger, wat reeds nege albums bekendgestel het, toer gereeld landwyd saam met die ATKV om Afrikaans te bevorder.

YOMA het lirieke uit haar liedjie “My Blom” aan die baba opgedra:

“Jys nuwe reën wat water giet op dit wat droog was.
Waarookal ek my vingers na wys, drip water af.
Jy reinig my.
Jou water is weelde met die diepste mening.
Soortgelyk aan toe God die verbondenheid in geseën het.
 Dis pragstene, wanneer jy wieg en woel.
Jou getrap laat daai skitter soos water oor in my boot spoel.
Ek sinspeel op emosie wat my hormone staan en roer.
Dis voorbereiding wat verseker dat ek jou met ’n steady hand voer.
Die bewuswording van jou geskied keer op keer.
Veral as ek die bpm van jou hartklop op die skerm lees.
Dis meer as bloed, want dit sny verby die vlees.
Jy’s uit satyn-lappe gekerf om die sagkuns van my liefde uit te beeld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ouma ·

??

Baie geluk!!
Hoop die klein bondeltjie bring vir julle baie geluk.
Ek bly in Nederland so sal ongelukkig nie dadelik weet nie maar ek hou die nuus dop?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.