Bekende akteurspaar verloof

Erik het die foto op Facebook gelaai nadat hulle verloof geraak het.

Erik het die foto op Facebook gelaai nadat hulle verloof geraak het.

Die akteur Erik Holm het sy akteursmeisie Tinarie van Wyk-Loots die jawoord gevra.

Holm het die nuus op Facebook bekend gemaak. Die paartjie is al vir sowat twee jaar in ʼn verhouding nadat hulle glo ogies vir mekaar begin maak het toe hulle albei in die produksie Dogma op die verhoog verskyn het. Die vurige liefdestonele het almal behoorlik aan die gons gehad.

Holm, wat in 2007 in ’n duikongeluk ’n kwadrupleeg geword het, het tot onlangs die karakter Rian Malherbe in die kykNET-sepie Binnelanders vertolk. Van Wyk-Loots is bekend vir rolle in verskeie TV-reekse, waaronder Vallei van Sluiers, en talle verhoogproduksies.

Erik en Tinarie in die produksie Dogma.

Erik en Tinarie in die produksie Dogma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

foxi ·

Baie geluk…..mag julle geseënd wees in liefde vir mekaar. Julle is uitstekende akteurs.

Nico ·

Uiteindelik goeie nuus..Fantastiese SAUK2 nuusleser. Hoop hulle bring hom terug.

Cherize ·

Baie geluk. Hulle verdien n lang, sielsvolle gelukkige lewe saam. Was reeds in “Plant vir my n boom, Andre” duidelik dat hulle bymekaar hoort.??

zoom zoom ·

Weet Pippa van die dinge en dan is sy nog swangerey sy kind. Hoop hu gaan onderhoud betaal. Dan het hy almal gebluff met die kamtige vlieg ongeluk.

Hannelie ·

Zoom zoom jy is darem weer grappig vandag :). Hy kan nie onderhoud betaal nie, hy het mos “omgekom” in ‘n vliegongeluk. So nou kan hy trou en gelukkig saambly. Baie geluk julle twee weet sommer julle gaan ‘n gelukkige en lang huwelik hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.